Programme

TERUG

Oppiradio

Potgooi

Oppiradio 21 Junie 2019
Vrydag 21 Junie 2019

Hanco is ‘n jong opkomende musikant wat oorspronklik van Tzaneen af kom maar nou in Pretoria woon waar hy voltyds musiek maak en skryf. Sy debuutalbum Hou Vas is in Maart bekendgestel en die titelsnit kan ook nou op RSG gehoor word. Christelle van Tonder gesels met die jong musikant oor sy opleiding, liedjieskryf en sy debuutalbum Hou Vas.

Jesse Jordon
Vrydag 14 Junie 2019

Jesse Jordon vertel meer oor sy loopbaan.

Jann Klose
Vrydag 7 Junie 2019

Jann Klose is nie in Suid Afrika gebore nie, maar weens sy pa se werk het Jann en sy familie dikwels verhuis. Hy het ‘n gedeelte van sy kinderjare in Johannesburg deu gebring waarna hulle weer na ander dele van die węreld verhuis het. Jann het homself geleer om instrumente te bespeel in die laat jare negentig het hom in New York gevestig waar hy ‘n voltydse musikant is. Sy nuutste enkelsnit “Pour the champagne” (wat op RSG te hoor is) het hy saam met Karen Zoid geskryf en opgeneem. Die lied geniet sukses nie net in Suid Afrika nie maar ook in die buiteland. Christelle van Tonder gesels met Jann Klose oor sy grootwordjare in Suid Afrika en sy lied Pour the champagne saam met die rocker Karen Zoid.

Jannie du Toit
Vrydag 31 Mei 2019

Ettienne Ludick gesels met Jannie du Toit oor sy loopbaan, musiek en lirieke.

Juan Boucher
Vrydag 24 Mei 2019

Ettienne Ludick doen Twaalf Rondtes teen Juan Boucher. Juan gesels oor sy begindae in die bedryf, die techno-era en sy liefde vir goeie lirieke.

Bob Ffole
Vrydag 17 Mei 2019

Jare gelede was Bob Ffole betrokke by harde rock in die vorm van Tripple Bypass. Deesdae is hy bedrywig in die Afrikaanse mark. Ettienne Ludick gesels met hom oor die verandering van styl en taal in sy loopbaan.

Gert Koevert
Vrydag 10 Mei 2019

Ettienne Ludick gesels met Gert Koevert, wat al vir byna 'n dekade in the musiekbedryf is. Hy vertel meer oor sy loopbaan en sy musiek.

Deon Groot
Vrydag 3 Mei 2019

Deon Groot het al van jongs af geweet hy gaan 'n musikant wees, maar sy debuutalbum is eers twee jaar gekede vrygestel. Wat het tussen toe en nou gebeur, en het sy musiekstyl verander?

Pieter Smith
Vrydag 26 April 2019

Ettienne Ludick gesels met Pieter Smith oor sy loopbaan, en die storie van Afrikaanse musiek.

Guy Buttery
Vrydag 12 April 2019

Guy Buttery het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hy die eerste nie-klassieke musikant geword het wat die Standard Bank Young Artist-toekenning gewen het. Hy het ook op 17-jarige ouderdom die jongste musikant ooit geword om vir ‘n SAMA-toekenning genomineer te word. Die kitaarmeester vertel vir Christelle van Tonder van die toekenning, sy reise oorsee, en ‘n musiekskool in Sao Paolo, Brasilië, waar twee ongeletterde broers duisende kinders help deur middel van musiek.