Nou op die lug

Deurnag (Donderdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Programme

TERUG

Skrumtyd op RSG

Potgooi

Skrumtyd 14 Oktober 2019
Maandag 14 Oktober 2019

Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het Japan geloof nŠ hulle oorwinning van 28-21 oor Skotland. Hy sÍ die span verdien sy plek in die topgroep-rugbylande. Hansen sÍ die All Blacks is deeglik daarvan bewus dat die Iere 'n gedugte span is, en sal Saterdag alles gee in hulle kwarteindwedstryd teen die span. Nieu-Seeland het twee van die laaste drie kragmetings teen die Iere verloor. In die ander kwarteindwedstryd Saterdag kom Engeland teen AustraliŽ te staan. Sondagoggend meet Wallis en Frankryk kragte, en later kom Japan en die Springbokke teen mekaar te staan. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die groepfase van die RugbywÍreldbeker wat gister tot 'n einde gekom het, en die kwartieindwedstryde wat voorlÍ.

Skrumtyd 7 Oktober 2019
Maandag 7 Oktober 2019

Springbokkaptein Siya Kolisi sÍ hy is fiks en gereed om die span op die veld te lei vir die tweede keer in vyf dae. Die Springbokke speel op 8 Oktober in Kobe in Japan in hulle laaste Groep B-wedstryd teen Kanada. Dertien veranderinge is aan die begin vyftiental aangebring. Buiten Kolisi, sal dit ook die tweede toets in vyf dae wees vir Damian de Allende. Kolisi sÍ hy sien uit na die kragmeting. Jody Hendricks en sy gaste bespreek die Bokke se wedstryd teen Kanada, en vra ook of die Haka die All Blacks Ďn sielkundige voorspring gegee.

Skrumtyd 30 September 2019
Maandag 30 September 2019

Jody Hendricks en sy paneel doen 'n voorskou van die Bokke se volgende WŽreldbekerwedstryd teen ItaliŽ.

Skrumtyd 23 September 2019
Maandag 23 September 2019

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sal homself lastige vrae moet vra oor sy span se strategie en spankeuses nŗ hulle 23-13 nederlaag teen Nieu-Seeland in hulle eerste wedstryd in die WÍreldbekertoernooi in Japan. Die rustydtelling was 17-3 in die All Blacks se guns. Handrť Pollard het die Springbokke se eerste punte met 'n strafdoel aangeteken. Twee vinnige drieŽ deur die All Black-vleuel George Bridge en slot Scott Barrett het egter die bordjies verhang. In die tweede helfde het 'n drie deur Pieter-Steph du Toit die punteverskil laat krimp tot sewe7, gevolg deur 'n skepdoel van Pollard. Nieu-Seeland het egter hulle oorwinning beklink met twee strafskoppe in die laaste minute. Die Bokke speel Saterdag teen NamibiŽ, en Nieu-Seeland op 2 Oktober teen Kanada. Johan Rademan en Andrť Watson ontleed die wedstryd saam met Jody Hendricks.

Skrumtyd 16 September 2019
Maandag 16 September 2019

Die Springbokke speel Saterdag in hulle eerste wedstryd by die 2019 RugbywÍreldbeker. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die faktore wat 'n rol speel in die eerste wedstryd by die toernooi. Hy praat ook met Os Du Randt, wat op 3 November in WÍreldrugby se heldesaal ingehuldig word.

Skrumtyd 9 September 2019
Maandag 9 September 2019

Hemelbesem en Ashwin Willemse doen 'n huldeblyk aan Chester Williams. Jody Hendricks en sy gaste ontleed die Curriebekereindwedstryd tussen die Cheetahs en die Leeus, en ons hoor van die Springbokke nŠ hulle sege oor Japan.

Skrumtyd 2 September 2019
Maandag 2 September 2019

Die Cheetahs en die Goue Leeus pak mekaar op 7 September in Bloemfontein in die Curriebeker-eindstryd, nadat die Cheetahs die Haaie met 51 - 30 afgeransel het. Die Leeus het vroeŽr die Griekwas met 34 - 19 geklop. Oudspringbok Ruan Pienaar praat met Jody Hendricks.

Skrumtyd 26 Augustus 2019
Maandag 26 Augustus 2019

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sy finale groep vir die WÍreldbekertoernooi in Japan aankondig. Die Bokke speel op 21 September hulle eerste wedstryd teen Nieu-Seeland in Yokohama. Die ander lede van die groep is ItaliŽ, NamibiŽ en Kanada. Jody Hendricks en sy paneel ontleed die groep, bespreek die spslers wat nie ingesluit is nie, en vra of die Bokke vanjaar die toernooi kan wen.

Skrumtyd 19 Augustus 2019
Maandag 19 Augustus 2019

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het vier spelers weggelaat uit sy moontlike groep vir die wÍreldbekertoernooi in Japan. Erasmus het die name van 36 spelers aangekondig wat vandeesweek in Bloemfontein aan 'n oefenkamp sal deelneem. Die spelers wat hy weggelaat het, was almal deel van Saterdag se Springbokspan wat ArgentiniŽ met 24-18 geklop het. Hulle is die stut Wilco Louw, die haker Scarra Ntubeni, die losvoorspeler Marco van Staden en die agterspeler Dillyn Leyds. Erasmus sal sy finale groep vir die wÍreldbeker op 26 Augustus aankondig. Die span sal op 6 September 'n opwarmingswedstryd teen Japan speel. Die toernooi begin op 20 September. Die losvoorspeler, Marcell Coetzee, kan ook nog in Erasmus se finale groep ingesluit word, maar hy is nie deel van die week se oefengroep nie omdat hy Saterdag harsingskudding opgedoen het. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokgroep wat moontlik vir die wÍreldbeker gekies kan word.

Skrumtyd 12 Augustus 2019
Maandag 12 Augustus 2019

Die Springbokke is terug op Suid-Afrikaanse bodem nadat hulle die Rugbykampioenskap in ArgentiniŽ beklink het. Die span speel Saterdag in hulle laaste opwarmingswedstryd vir die WÍreldbekertoernooi teen die Argentynse Poemas, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal die kaptein vir die wedstryd later die week saam met die res van die span aanwys. Die groep wat in Japan om die Webb Ellis-trofee sal meeding word op 26 Augustus bekendgemaak. Jody Hendricks en sy paneel het die span se vertoning teen ArgentiniŽ ontleed.