Programme

TERUG

Impak

Potgooi

Impak 10 Augustus 2018
Vrydag 10 Augustus 2018

Tuberkulose kom nie net by mense voor nie, maar ook by diere. Arehan Brand vind meer hieroor uit, asook watter tuberkulose-navorsing by die Universiteit Stellenbosch gedoen word om die verspreiding van beestering te voorkom. Percy Mogale vind ook uit by n verpleegster van Dokters Sonder Grense of daar al n verbetering in TB-gevalle is met die medikasie, Bedaquiline.

Impak 3 Augustus 2018
Vrydag 3 Augustus 2018

Arehan Brand vind uit hoe die Sentrum vir Uitnemendheid vir Biomediese Tuberkulose Navorsing 'n bydrae maak tot die suksesvolle diagnose en behandeling van TB. Verteenwoordigers van die Universiteite Kaapstad, Stellenbosch en die Witwatersrand, asook die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste deel hulle kennis. Percy Mogale vind ook by n verpleegster van Dokters Sonder Grense uit of daar al n verbetering in TB-gevalle is.

Impak 27 Julie 2018
Vrydag 27 Julie 2018

Arehan Brand hoor hoe universiteitsnavorsing bydra tot die ontwikkeling van nuwe TB-middels. Verteenwoordigers van die Sentrum van Uitnemendheid in Biomediese Tuberkulose Navorsing deel hulle ondervinding.

Impak 20 Julie 2018
Vrydag 20 Julie 2018

Arehan Brand hoor hoe universiteitsnavorsing bydra tot nasionale ontwikkeling, en hoe dit kritiese kwessies soos tuberkulose en water- en voedselsekerheid takel. Verteenwoordigers van die beheerliggaam, Universiteite Suid-Afrika, en die Nasionale Navorsingsinstituut gesels saam.