Nou op die lug

Regsake

11:30-12:00

Interaktief

Programme

TERUG

Uit 'n ander hoek

Potgooi

Uit 'n ander hoek 20 September 2020
Sondag 20 September 2020

Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe die toekoms van geloof of spiritualiteit lyk n Covid-19, en hoe die pandemie mense se spiritualiteit benvloed? Sy gaste is die toekomskundige, dr. Piet Muller, en die geestelike leier, dr. Abel Pienaar.

Uit 'n ander hoek 13 September 2020
Sondag 13 September 2020

Is elke woord in die Bybel letterlik waar, en hoe moet mens die Bybel in die regte konteks lees? Jean Oosthuizen praat met die Ou-Testamentici, prof. Louis Jonker en dr. Gerda de Villiers, oor die teenstrydighede in die Bybel.

Uit 'n ander hoek 6 September 2020
Sondag 6 September 2020

As godsdiens veronderstel is om na vrede te streef, waarom is daar dan so baie godsdiensgeweld in die wreld? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die godsdienskenners proff. Farid Esack en Willie Esterhuyse uit ʼn Christelike- en Moslem-perspektief.

Uit 'n ander hoek 30 Augustus 2020
Sondag 30 Augustus 2020

Die digters Lina Spies en Daniel Hugo vertel waarom wil hulle nie bekendstaan as Christelike digters nie. Jean Oosthuizen wil by hulle weet wat die verskil is tussen Christelike gedigte en religieuse of geestelike gedigte.

Uit 'n ander hoek 23 Augustus 2020
Sondag 23 Augustus 2020

Wat is die nut van gebed in die moderne tyd? Waarvoor bid mens vandag, en is daar iets soos gebedsgenesing? Dit is van die vrae waaroor Jean Oosthuizen met sy gaste, die teolo prof. Hansie Wolmarans en Terblanche Jordaan gesels.

Uit 'n ander hoek 16 Augustus 2020
Sondag 16 Augustus 2020

Dit verg ʼn lang akademiese studie om ʼn predikant te word. Is hulle voorbereid op dit wat in die praktyk op hulle wag wanneer hulle klaar studeer het? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die teoloog, prof. Julian Mller, wat as dosent aan die Universiteit van Pretoria baie predikante help oplei het, en Bertus van Niekerk, ʼn voormalige dominee van die Hervormde Kerk wat die kansel vaarwel geroep het.

Uit 'n ander hoek 9 Augustus 2020
Sondag 9 Augustus 2020

Rassisme steek oral in die samelewing kop uit. Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe staan sake hieroor in die kerk. Sy gaste is Etienne Snyman van die NG Kerk en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk.

Uit 'n ander hoek 2 Augustus 2020
Sondag 2 Augustus 2020

Hoe verskil die Jesus waarvan ons in die kerk leer, van Jesus wat 2 000 jaar gelede in Galilea se stofstrate rondgeloop het? Jean Oosthuizen praat met die teolo, proff. Andries van Aarde en Pieter Craffert oor die historiese Jesus.

Uit 'n ander hoek 26 Julie 2020
Sondag 26 Julie 2020

Die meeste Christelike kerke bely hulle glo aan een algemene Christelike Kerk. Waarom is daar dan soveel verskillende Christelike denominasies, en hoekom skeur kerke? Jean Oosthuizen praat hieroor met twee NG-predikante, dr. Nadia Marais en ds. Michelle Boonzaaier.

Uit 'n ander hoek 19 Julie 2020
Sondag 19 Julie 2020

Gelowiges hoor van kleins af dat die mens wik, maar God beskik. Is dit so? Jean Oosthuizen wil by filosoof Anton van Niekerk en teoloog Evard Huisamen weet wat dink hulle van God se voorsienigheid.