Programme

TERUG

Middag op RSG 1

Potgooi

Die kwik styg 22 Junie 2018
Vrydag 22 Junie 2018

Kenners is dit eens: vir boere om die veranderende klimaat te oorleef sal hulle alle kundigheid en inligting tot hulle beskikking moet inspan. Lizma van Zyl gesels met die uitvoerende direkteur van Hortgro, Anton Rabe, oor die uitwerking van klimaatsverandering op die sagtevrugtebedryf, en wat boere alles doen om te oorleef.

Wreld Jogadag
Donderdag 21 Junie 2018

Joga is meer as net die posisies en asemhaling - dis 'n lewenstyl. Sue Pyler gesels met joga-instrukteur, Lea Vivier, en iemand wat joga op die vreemdste plekke doen, Lynelle Kenned.

Toekomsnuus 20 Junie 2018
Woensdag 20 Junie 2018

Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 18 September 2027, en elektriese motors het dit reggekry om op 'n diet te gaan.

Wreld se langste wynroete
Maandag 18 Junie 2018

Roete 62 word beskou as die langste wynroete ter wreld. Dit is 850 km lank, en strek van Constantia af tot Port Elizabeth. Sue Pyler het di lang pad gevat

Die kwik styg 15 Junie 2018
Vrydag 15 Junie 2018

Hoewel daar nie op die oomblik n risiko bestaan dat Suid-Afrika se voedselveiligheid weens klimaatsverandering in gedrang is nie, kn dit wel in die toekoms gebeur. Dis die mening van die voorsitter van die SABS se Voedselhigine-komitee, dr. Lucia Anelich. Sy vertel vir Lizma van Zyl van die rol wat die regering, die voedselproduksiebedryf en elke Suid-Afrikaner kan speel om n herhaling van n uitbreking soos listeriose te help voorkom.

Die Bloukransrivierbrug
Donderdag 14 Junie 2018

Die Bloukransrivierbrug is nie slegs 'n verbinding tussen twee provinsies nie, maar ook die langste van sy soort in Afrika. Ettienne kyk na die brug wat vandag 35 jaar oud is. Hy gesels ook met Garth Solomons van Face Adrenaline, omdat die brug as n reksprongmecca beskou word.

Toekomsnuus 13 Junie 2018
Woensdag 13 Junie 2018

Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 3 Desember 2018 en die kompas is die nuutste stuk ou gereedskap wat weer gewild geword het.

Verna Vels
Woensdag 13 Junie 2018

Verna Vels sou vandag 85 jaar oud wees. 'n Vrou wat baie vermag het en ons kinderdae vir ewig verander het. Sommige mense probeer steeds haar stem namaak, maar daar is net een Liewe Heksie. Sue neem ons deur al die karakters wat deur Verna Vels vertolk is.

N.P. Van Wyk Louw - 109
Maandag 11 Junie 2018

N.P. Van Wyk Louw sou vandag sy 109e verjaarsdag vier. Ettienne Ludick kyk na hierdie bekroonde digter en skrywer se lewe, en delf n stukkie van voorlsing van Raka op.

Die kwik styg 8 Junie 2018
Vrydag 8 Junie 2018

Tegnologiese ontwikkelings in die landbousektor is in die kollig. Lizma van Zyl praat met dr. Mike Wallace en FC Basson van die reuse tegnologiese spronge wat reeds gemaak is, en werp ook lig op die toekoms, veral in die lig van klimaatsverandering.

Toekomsnuus 6 Junie 2018
Woensdag 6 Junie 2018

Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 2 Februarie 2022, en Frankryk gaan van nou af n heffing lig op bekende kunswerke wat in virtuele wrelde gebruik word.