Nou op die lug

Oggendstemming

05:00-06:30

Interaktief

Programme

TERUG

Fiks vir die lewe

Potgooi

Fiks vir die lewe 5 April 2020
Sondag 5 April 2020

Met die Corona-virus om ons, het ons wreld klein en ingeperk geword - in baie gevalle die paar vierkante meters van ons huise. Hoe benvloed dit gesinne se verhoudings met mekaar: goed of sleg?

Fiks vir die lewe 29 Maart 2020
Sondag 29 Maart 2020

Dat die Corona-virus groot ontwrigting bring vir almal, is seker. Drie weke se inperking bring ernstige aanpassings en besluitnemings mee. Benewens die gesondheidsaspek, vrees mense dat hulle werk en besighede in die gedrang is. Hoe sal ek oorleeef? Moet ek moedeloos of optimisties wees?

Fiks vir die lewe 22 Maart 2020
Sondag 22 Maart 2020

Die Corona-virus het nou ook Suid-Afrika getref met wydverspreide gevolge. Skole het gesluit, kerke met meer as 100 lidmate gaan sukkel om dienste te hou, en winkels word leeggekoop aan ontsmettingsmiddels en ander voorraad. Te midde van kommer en onsekerheid, is die vraag: hoe kan gewone mense hierdie situasie hanteer?

Fiks vir die lewe 15 Maart 2020
Sondag 15 Maart 2020

Moenie mense blameer omdat hulle jou teleurgestel het nie, blameer jouself omdat jy te veel van hulle verwag het. Is dit so eenvoudig? Hoe gemaak met al die teleurstellings?

Fiks vir die lewe 8 Maart 2020
Sondag 8 Maart 2020

Die lewe is nie onregverdig nie, daar is net n klompie onregverdige mense in die lewe, s n Amerikaanse sportster. En tog ervaar baie mense dit anders - so asof die lewe en omstandighede hulle onregverdig teiken deurdat dinge anders uitwerk as waarvooer hulle hoop.

Fiks vir die lewe 1 Maart 2020
Sondag 1 Maart 2020

Dit klink soms asof n gevoel van lamheid mense beetpak wanneer oor die toekoms gepraat word: Hoekom moet ek hard leer vir goeie punte op skool as daar nie vir my werk is nie? Wat sal ek doen as my man of my vrou my los? Hoe lank sal ek nog leef met hierdie chroniese siekte? Dit lyk asof baie mense net bestaan, en nie meer leef nie weens die vrese vir die toekoms.

Fiks vir die lewe 23 Februarie 2020
Sondag 23 Februarie 2020

Al hoe meer mense oorweeg dit om Suid-Afrika te verlaat. Die verlies aan werk, moorde, korrupsie en moedeloosheid oor die toekoms, veroorsaak n gevoel van nutteloosheid. Watter bydrae kan ek nog lewer in sulke omstandighede?

Fiks vir die lewe 16 Februarie 2020
Sondag 16 Februarie 2020

Volgens die jongste statistiek is meer as 10-miljoen mense in Suid-Afrika werkloos. Dit veroorsaak groot armoede onder alle bevolkingsgroepe, en mense moet raap en skraap om aan die lewe te bly. Hoe kan iemand uit daardie skynbaar bodemlose put kom?

Fiks vir die lewe 9 Februarie 2020
Sondag 9 Februarie 2020

Valentynsdag is om die draai, en oral sien jy hartjies, rose en angeliere om te s: ek het lief! Maar waarom die intense pyn as daardie verhouding verbrokkel? Hoekom die seer wanneer ek en my kinders nie meer oor die weg kom nie? Waarom die ontsteltenis as n vriendskap of huwelik of familiebande aan skerwe spat? Daar was dan eens soveel liefde! Hoekom maak liefde soms so seer?

Fiks vir die lewe 2 Februarie 2020
Sondag 2 Februarie 2020

Die een feit van die lewe is dat niks dieselfde bly nie: ek word ouer, verander van werk, allles word duurder, getroudes kry kinders, die politieke toneel is gedurig aan die verander. Hoe hanteer ek al hierdie veranderinge?