Nou op die lug

Deurnag (Maandag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Programme

TERUG

Gesondheid

Potgooi

Gesondheid 15 Januarie
Woensdag 15 Januarie 2020

Wat het jou neus met snork en moegheid soggens te doen? En hoe werk slaap en slaapapnee? Marí Hudson praat met ’n oor-neus-en-keelspesialis oor hoe swak lugvloei deur jou neus tot snork kan lei, en ook met ’n psigiater oor slaap en slaapapnee.

Gesondheid 8 Januarie 2020
Woensdag 8 Januarie 2020

Kan jy jou indink: ’n breinoperasie met instrumente deur die neus en langs en bokant die oog? Sonder enige snitte aan die skedel? En ’n pasiënt wat twee dae later huis toe gaan? Marí Hudson praat met ’n Suid-Afrikaanse chirurg wat baanbrekerswerk doen op die gebied van operasies deur die neus en oogkas om by gewasse agter die oog uit te kom, sonder dat die pasiënt blind word of om verdere skade te berokken.

Gesondheid 1 Januarie 2020
Woensdag 1 Januarie 2020

Op die eerste dag van 2020, kyk Mari Hudson na van die belangrikste feite wat in 2019 in die gesondsheidveld aan die lig gekom het. Sy lig die kernboodskappe uit oor sportopkikkers, maermaak-inspuitings, die hart en strawwe oefening, die jongste tipe 2 diabetesbehandeling, depressie en selfdood, kankerfeite, ystertekort en daggaolie.

Gesondheid 18 Desember 2019
Woensdag 18 Desember 2019

Het jy geweet rookverwante siektes weens aktiewe en passiewe rook, eis elke jaar 170,000 lewens in Suid-Afrika, en dat totaal voorkombare rookverwante siektes minstens R6 miljard (oftewel 1% van die land se Bruto Binnelandse Produk) opslurp? Voorts is 30 tot 40-persent van sigarette wat in Suid-Afrika gerook word, smokkelsigarette wat deur onwettige handel in die hoofstroom beland. As ’n pakkie sigarette minder as R20 kos, kan jy maar weet dit is smokkelsigarette. Marí Hudson praat met ’n gesondheidsekonoom oor die finansiële impak van sigaretrook op die gesondheidsekonomie.

Gesondheid 11 Desember 2019
Woensdag 11 Desember 2019

Wanneer is jy angstig of depressief genoeg om behandeling te soek? Kan jou huisdokter vir jou die beste middels voorskryf? Wanneer moet jy na ’n psigiater gaan? Waarom werk dieselfde middel teen depressie en angstigheid? Marí Hudson praat met ’n psigiater wat ons ’n kykie gee op die behandelingsreis vir angs en depressie.

Gesondheid 4 Desember 2019
Woensdag 4 Desember 2019

Dit is 35 jaar sedert ons in Suid-Afrika bewus geword het van MIV/Vigs. Vandag word MIV/Vigs, danksy nuwer medikasies, nie meer beskou as ’n terminale siekte nie. Suid-Afrika het die grootste vigsbehandelingsprogram in die wêreld, want een uit vyf is MIV positief. Neem dit steeds toe? Waar staan ons vandag in terme van opsporing, behandeling, voorkoming en nuwe navorsing? Marí Hudson gesels verder met ’n dokter betrokke by vigsnavorsing oor die stand van MIV/Vigs en behandeling in Suid-Afrika.

Gesondheid 27 November 2019
Woensdag 27 November 2019

Een-derde van tienermeisies en die helfte van mense met hartversaking lei aan ’n ystertekort, wat in laasgenoemde geval die hart verder kan beskadig. ’n Ystertekort in ’n swanger vrou kan tot groeivertraging van haar baba, premature geboorte en breinskade lei. Marí Hudson gesels verder met ’n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan, en ook oor yster-oorlading in die bloed.

Gesondheid 20 November 2019
Woensdag 20 November 2019

Bloedarmoede is een van die algemeenste siekteprobleme waaraan die mensdom ly, en dit is inderwaarheid die laatstadium van ystertekort. Moegheid, geheueprobleme en voedsel “cravings’ is van die tipiese simptome van ’n ystertekort. Wat is die oorsake daarvan, waarom moet dit behandel word, en watter ystermiddels werk die beste? Marí Hudson gesels met ’n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan.

Gesondheid 13 November 2019
Woensdag 13 November 2019

Wat het Handré Pollard en Claude die Chimpanzee gemeen? Dis kaak-, gesig- en mondchirurgie, onderskeidelik vir ’n gebreekte wangbeen en vir ’n beseerde kakebeen. Marí Hudson gesels met ’n kaak-, gesig- en mondchirurg oor dié dissipline, die vordering wat gemaak is in die skep van nuwe kakebene, en ander vooruitgang in dié veld.

Gesondheid 6 November 2019
Woensdag 6 November 2019

Elke dag sterf 18 mense in Suid-Afrika aan hulle eie hand. Is al die gevalle van selfdood voorkombaar? Is daar gapings in Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsels wat oorbrug kan word om die risiko van selfdoodpogings te verminder? Is daar spesifieke stadiums binne depressiesiklusse wat iemand meer weerloos maak vir selfdood? Is daar gevaartekens wat nie ernstig genoeg opgeneem word nie? Speel medikasie ’n rol? Marí Hudson gesels met ’n psigiater oor risiko’s en risiko-stadiums vir selfdood.