Programme

TERUG

Wie is ek?

Potgooi

Wie is ek? 8 Desember 2017
Vrydag 8 Desember 2017

Lise Swart praat met drie sielkundiges oor die emosionele uitwerking wat alle vorme van mishandeling op vroue en kinders kan h.

Wie is ek? 1 Desember 2017
Vrydag 1 Desember 2017

Lise gesels met twee sielkundiges oor die emosionele uitwerking van n MIV-diagnose. Hulle kyk ook na die rol wat verslawing in so n diagnose kan speel.

Wie is ek? 24 November 2017
Vrydag 24 November 2017

Wat is trauma? Trauma speel n groot rol in alle Suid-Afrikaners se lewens, of hulle bewus is daarvan of nie. Die herkenning en erkenning van trauma is net so belangrik soos die behandeling daarvan.

Wie is ek? 17 November 2017
Vrydag 17 November 2017

Lise praat met twee sielkundiges oor die langtermynuitwerking wat die verlies van n pa, op n jong ouderdom, op 'n kind kan h. Hulle kyk ook na die effek wat seksuele molestering in die langduur op n kind het.

Wie is ek? 10 November 2017
Vrydag 10 November 2017

Lise Swart gesels met Braam Beetge, 'n sielkundige in kinderterapie spesialiseer, oor wat outisme is, hoe om dit uit te ken, en die bestuur van die diagnose. En Louis Awerbuck verduidelik hoe ouers hulle verhouding sterk kan hou wanneer hulle kind met outisme gediagnoseer word.

Wie is ek? 3 November 2017
Vrydag 3 November 2017

Verslawing of afhanklikheid gebeur nie in isolasie nie. 'n Kenner het raad vir families en geliefdes oor hoe om op n effektiewe manier n verslaafde by te staan, sonder om onwetend die verslawing te vererger.

Wie is ek? 27 Oktober 2017
Vrydag 27 Oktober 2017

Louis en Lise kyk na die emosionele tol wat n kankerdiagnose kan h. Daar is mense wat dit instinktief regkry om positief te bly, maar dit is nie vir almal dieselfde nie. Wat beteken dit om positief te bly, en wat as jy net wil opgee?

Wie is ek? 20 Oktober 2017
Vrydag 20 Oktober 2017

Oktober is Wreld Geestesgesonheidsmaand. Vanjaar se tema is: geestesgesondheid in die werksplek. Louis en Lise vertel hoe sowel werkgewers as werknemers aanpassings kan maak vir n sielkundige diagnose sodat albei partye die situasie gepas hanteer.

Wie is ek? 13 Oktober 2017
Vrydag 13 Oktober 2017

Depressie affekteer sowel kinders as volwassenes. Tog word daar nog steeds neergekyk op diegene wat daarmee gediagnoseer is. Louis en Lise kyk na die gevare van hierdie siekte van ons tyd, en bied oplossings vir die stigmas.

Wie is ek? 6 Oktober 2017
Vrydag 6 Oktober 2017

Meer as 3-miljoen kinders tussen die ouderdomme van 7 en 19, word jaarliks in Suid-Afrika geboelie. Louis het raad vir ouers oor hoe om nie net die afknouery te stop en hulle kind vaardighede aan te leer om vir hulleself op te staan nie, maar ookm hoe om ook die emosionele uitwerking daarvan effek te beperk.