Programme

TERUG

Skrywers en Boeke

Potgooi

Skrywers en boeke 18 Januarie 2017
Woensdag 18 Januarie 2017

Corina van der Spoel gesels met Bronwyn-Law Viljoen oor haar debuutroman THE PRINTMAKER. Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach oor haar gunstelingboeke van 2016. En Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewęreld.

Skrywers en boeke 11 Januarie 2017
Woensdag 11 Januarie 2017

Leonie van Rensburg van Graffiti Boeke vertel meer oor die topverkoper Afrikaanse boeke van 2016. Gielie Hoffman gesels oor die vyf beste boeke wat hy in 2016 gelees het. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, bring Johan Myburg hulde aan die kunsskrywer John Berger wat op 2 Januarie oorlede is. Hy gesels ook oor die Costapryse, en vertel meer oor Jacqui L’Ange, die Suid-Afrikaner wat vir die Etisalat-prys benoem is.

Skrywers en boeke 4 Januarie 2017
Woensdag 4 Januarie 2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Tom Dreyer oor sy nuwe roman DORADO. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en Ilse Salzwedel speel drie skrywers se gunstelingskryfmusiek.

Skrywers en boeke 28 Desember 2016
Woensdag 28 Desember 2016

Ilse Salzwedel gesels met Annelie Botes oor haar nuwe boek LUGKASTEEL. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en skrywers deel die musiek waarop hulle skryf.

Skrywers en boeke 21 Desember 2016
Woensdag 21 Desember 2016

Suzette Kotze-Myburg gesels met John Miles oor sy nuwe roman OP 'N DAG, 'N HOND. Ilse Salzwedel hoor by Suzette wat haar top vyf Afrikaanse boeke in 2016 was. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en boeke 14 Desember 2016
Woensdag 14 Desember 2016

Ilse Salzwedel gesels met Sally Andrew, skrywer van Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria mystery en Tannie Maria and the Satanic Mechanic. Anneli Groenewald, skrywer van Die Skaalmodel, vertel wat presies ʼn mens kan verwag van ʼn meestersgraadkursus in kreatiewe skryfkuns. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en boeke 7 Desember 2016
Woensdag 7 Desember 2016

Ilse Salzwedel gesels met kinderboekillustreerder Zinelda McDonald oor haar werk. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekewęreld, en vertel ook van sy top vyf Afrikaanse boeke vir 2016. En Ilse gesels oor lekker boeke vir kinders se Kerskouse.

Skrywers en boeke 30 November 2016
Woensdag 30 November 2016

Corina van der Spoel gesels met Harry Kalmer oor DIE BRAM FISCHER-WALS, sy onlangs gepubliseerde drama. Suzette Kotze-Myburgh gesels met Elisabeth Wasserman oor ELF DAE IN PARYS, haar nuwe jeugroman. En Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Skrywers en boeke 23 November 2016
Woensdag 23 November 2016

Ilse Salzwedel gesels met Anneli Groenewald oor haar debuutroman, Die Skaalmodel, wat die debuutprys gewen het in NB se Groot Romanwedstryd 2015. Die boek speel af op Skipskop, ʼn dorpie wat deur die NP-regering onteien is om ʼn missieltoetsbaan te maak. Ilse gesels ook met dr. Lynette Jacobs van die Universiteit van die Vrystaat oor ʼn biblioteekbusprogram wat boeke na die verste uithoeke van die Vrystaat neem. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewęreld, onder meer Astrid Lindgren se pas gepubliseerde oorlogsdagboeke.

Skrywers en boeke
Woensdag 9 November 2016

Ons bring hulde aan die skrywer Dot Serfontein wat in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, met 'n uittreksel uit die 2014 RSG Kunstefees-produksie My Mense. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewęreld, en vertel onder meer van 'n interessante boekklub.