Programme

TERUG

Ratels

Potgooi

Ratels - Episode 402
Maandag 23 Januarie 2017

Die kwessie van hoofseunskap word bespreek wanneer die onderhoof besluit dat die nuwe hoofseun nie meer by sy ouers mag woon nie, maar in die koshuis. Dit veroorsaak groot drama.

Ratels - Episode 401
Maandag 16 Januarie 2017

Klaas Vakie haat die Bosveld met al sy peste en plae. Dan bestorm ʼn bobbejaan die kamp waar die Rateliete tuisgaan...

Ratels - Episode 400
Maandag 9 Januarie 2017

Die matriekuitslae is uit, maar nie almal het ewe goed gevaar nie. Die ouens praat oor hoe om die uitslae, goed of sleg, te verwerk.

Ratels - Episode 399
Maandag 2 Januarie 2017

Mienkie stel ʼn voorwaarde aan Klaas Vakie, wat hom diep in die moeilikheid het. Die matrieks wag gespanne op hulle uitslae...

Ratels - Episode 398
Maandag 26 Desember 2016

Lourens kry hoeka snuf in die neus dat Andries skelm rook, en hy trek hom vas daaroor.

Ratels - Episode 397
Maandag 19 Desember 2016

Die Ratels-span arriveer in die Bosveld by dieselfde skool waar Ratels begin het, en begin gereedmaak vir Kersfees en ʼn avontuur in die bos.

Ratels - Episode 396
Maandag 12 Desember 2016

Ruan en Andries plunder die yskas en eet al die padkos op wat Bankies spesiaal vir die lang rit Bosveld toe voorberei het. Mienkie rafel heeltemal uit hieroor.

Ratels - Episode 395
Maandag 5 Desember 2016

ʼn Vraag waarmee baie matrieks worstel, is wat gebeur nadat die laaste vraestel geskryf is? Die Ratels-span neem hier ʼn belangrike besluit.

Ratels - Episode 394
Maandag 28 November 2016

Daar breek ʼn brand in Ratels se kombuis uit nadat twee leerders geskors word, en ʼn polisieondersoek begin.

Ratels - Episode 393
Maandag 21 November 2016

Lourens kry ʼn blink plan oor wat om met Ratels oor die somervakansie te doen. ʼn Middernagtelike besoek het verreikende gevolge...