Programme

TERUG

Monitor

Potgooi

Makhosi Khoza wil 'n opposisiegroepering lei
Woensdag 22 November 2017

Die voormalige ANC-LP dr. Makhosi Khoza, wat weens haar uitgesprokenheid jeens korrupsie, staatskaping en president Jacob Zuma in onguns by die party verval het, het haar plan bekend gemaak om 'n opposisiegroepering in die 2019-verkiesing te lei. Monitor het vir die politieke ontleder Theo Venter en die hoof van die FW de Klerk stigting dr. Theuns Eloff gevra oor wat hulle dink van Khoza se plan.

Ontleding oor Mugabe bedanking
Woensdag 22 November 2017

Na 37 jaar is Zimbabwe nie meer onder die bewind van Robert Mugabe na sy bedanking gistermiddag laat nie. Die politieke wetenskaplike, Theo Bekker van Noordwes Universiteit, verskaf sy reaksie op die jongste verwikkelinge in Zimbabwe.

Robert Mugabe buig die knie
Woensdag 22 November 2017

Duisende ZimbabwiŽrs het tot in die vroeŽ oggend-ure feesgevier in die strate van Harare, oor die nuus dat Robert Mugabe as president bedank het. Ook in Suid-Afrika het die vreugdevure hoog gebrand. Zimbabwe se afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa, sal vůůr Vrydag as waarnemende president van Zimbabwe beŽdig word.

Poskantoor beharting maatskaplike toelaes
Woensdag 22 November 2017

Die Poskantoor sal van 1 April aanstaande jaar die uitbetaling van maatskaplike toelaes behartig. 'n Ooreenkoms hieroor is onderteken tussen die Poskantoor en die Maatskaplike sekerheids-agentskap, oftewel Sassa. Die inter-ministeriŽle komitee het die besonderhede van die ooreenkoms aan die Parlement uitgestippel.

Vieringe in Zimbabwe
Woensdag 22 November 2017

Die voormalige adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa sal na verwagting vandag as tussentydse president ingehuldig word. Oud-president Robert Mugabe het gister bedank en talle ZimbabwiŽrs het gisteraand sy bedanking gevier. Ons verslaggewer Noma Bolani is in Harare in Zimbabwe.

Merkel se politieke toekoms lyk onseker
Woensdag 22 November 2017

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, wat haar magsbasis met vier verkiesings oorwinnings verskans het, se politeke toekoms lyk onseker nadat gesprekke oor 'n koalisie regering misluk het. Merkel wil ín herverkiesing uitskryf eerder as om 'n minderheidsregering te lei. Wat is die implikasies hiervan vir die Duitsers en hul Europese bondgenote? Dis die vraag wat ons aan professor Erwin Schwella van die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Publieke Leierskap gestel het.

Ou vriende reis in giro-vliegtuie
Dinsdag 21 November 2017

'n Droom is vir twee ou vriende bewaarheid wat 'n onvergeetlike lugreis langs die ooskus van Afrika onderneem het. Hulle het ook moontlik 'n rekord opgestel. Hulle is sover bekend die eerste avonturiers wat 'n lang-afstand vlug, in twee giro-vliegtuie van Duitsland na Suid-Afrika onderneem het.

Menseregte aktivis oor Zimbabwe situasie
Dinsdag 21 November 2017

Die veelbekroonde menseregte aktivis en prokureur, Beatrice Mtetwa oor die politieke verwikkelinge in Zimbabwe.

Grootste beraad oor TB ooit
Dinsdag 21 November 2017

75 Ministers van gesondheid en verteenwoordigers van 114 lande het pas die wÍreld se grootste beraad nog ooit oor TB in Moskou bygewoon. Die geleentheid was ín waterskeiding in terme van nuwe riglyne oor die voorkoming en behandeling van tering. So sÍ professor Martie van der Walt, hoof van die Mediese Navorsingsraad se tering platform.

Hofaksie teen Mxolisi Nxasana
Dinsdag 21 November 2017

Die organisasies Corruption Watch, Freedom Under Law en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het die hooggeregshof in Pretoria genader vir 'n bevel wat die verwydering van die voormalige baas van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mxolisi Nxasana, nietig sal verklaar. So 'n bevel sal ook die aanstelling van Shaun Abrahams, die dienende hoof, ongeldig maak. In hofstukke word beweer dat Nxasana sewentien miljoen rand aangebied is na hy uit sy pos as hoof van die nasionale departement van openbare vervolgings bedank het.

Bouwerk aan N2 Wildekus tolpad begin
Dinsdag 21 November 2017

In die Oos-Kaap het bouwerk aan die N2 Wildekus-tolpad begin, vyftien jaar na dit vir die eerste keer voorgestel is. Die pad sal die roete tussen Oos-Londen en Durban verkort, en twee reuse brŻe insluit. Die tolpad-projek sal 'n geraamde agt duisend werksgeleenthede skep, en die toerisme-verwante moontlikhede veral in Pondoland uitbrei.

Sanwu oor Brian Molefe aanstelling
Dinsdag 21 November 2017

Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, se skielike aanstelling as deel van 'n poel van spesialiste wat die weermag met navrae help het baie vrae laat onstaan. Molefe het onder 'n wolk verlede jaar uit Eskom bedank, en is toe later as LP ingesweer, waar hy ook later bedank het. Advokaat Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die militÍre vakbond Sanwu, sÍ hulle raadpleeg hul regspan oor Molefe se aanstelling.

Mugabe en Mnangagwa ontmoet vandag
Dinsdag 21 November 2017

Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en sy afgedankte adjunk-president, Emmerson Mnangagwa, sal na verwagting vandag samesprekings oor die huidige politieke dooiepunt voer. Die weermag het gister onthul dat die twee reeds met mekaar in kontak was. Volgens die militÍre leier, generaal Constantino Chiwenga, word daar verwag dat Mnangagwa binnekort uit die buiteland na Harare sal terugkeer.

Sutherland boere gaan voer ontvang
Dinsdag 21 November 2017

Die Hoofbestuurder van Agri-Wes-Kaap, Carl Opperman, sÍ een van die positiewe gevolge van die ergste droogte in 'n honderd jaar in die Wes-Kaap is die welwillenheid van ander landbouers in die res van die land. Daar vertek Vrydag uit Caledon 'n groep mense om voer by boere in Sutherland te gaan aflewer. Essie Esterhuyse het aan Metzi van der Merwe gesÍ hulle sal vroegdag in die pad val.

Videospeletjie konferensie in Johannesburg
Maandag 20 November 2017

Hoe groei mens die videospeletjie bedryf in Suid-Afrika? 25 Videospeletjie-ontwikkelaars uit 11 lande is hierdie week by die Goethe Instituut in Johannesburg bymekaar om hulle kennis met Suid-Afrikaners in diť bedryf te deel. Anna-Marie Jansen van Vuuren het die konferensie bygewoon en diť verslag saamgestel.

Robert Mugabe moet teen 12uur bedank
Maandag 20 November 2017

ZimbabweŽrs sal tot vanmiddag moet wag om te sien of President Robert Mugabe uiteindelik gaan toegee om as die land se leier te bedank. Gisteraand het die 93-jarige leier die wÍreld geskok toe hy in 'n toespraak nie sy verwagte uittrede aangekondig het nie. VroeŽr gister ZANU-PF op 'n spesiale Sentrale komitee vergadering besluit om hom as party-leier uit te skop.

Wes-Kaapse skole spaar geld met 'n slim watermetertoestel
Maandag 20 November 2017

Wes-Kaapse skole spaar duisende rande, met 'n nuwe sogenaamde slim watermetertoestel. Watergebruik het boonop by diť skole merkwaardig afgeneem, met die gebruik van die toestel. Corbin August doen verslag.

Theo Bekker oor die jongste verwikkelinge in Zimbabwe
Maandag 20 November 2017

Ten spyte daarvan dat Zanu PF Robert Mugabe met Emmerson Mnangagwa vervang het as leier en Grace Mugabe gister uit die party geskors het, blyk Mugabe steeds te weier om af te staan as president. Vir ín ontleding oor die jongste verwikkelinge het Monitor met Theo Bekker van Noordwes Universiteit gepraat.

Optog teen Mugabe in Pretoria
Maandag 20 November 2017

In Pretoria het groot getalle ZimbabwiŽrs wat in Suid-Afrika woon, by die Uniegebou saamgetrek om die veldtog teen president Mugabe in Zimbabwe, te steun. Baie van hulle hoop dat hulle na 'n Zimbabwe sonder president Mugabe kan terugkeer, berig Liela Magnus.

Het Dlamini-Zuma stoom verloor in die ANC-verkiesingsstryd?
Maandag 20 November 2017

Presies 'n maand van vandag af sal Suid-Afrikaners weet wie die ANC se nuwe leier is - dr. Nkosazana Dlamini-Zuma of Cyril Ramaphosa of 'n buiteperd soos dr. Zweli Mkhize. Sommige waarnemers meen Ramaphosa loop gerieflik voor, en dat Dlamini-Zuma se veldtog stoom verloor. Is dit die geval? Dis die vraag wat Monitor aan een van Dlamini-Zuma se grootste ondersteuners, Carl Niehaus van die MK MilitÍre Veterane vereniging gestel het.

'n Internasionale beraad oor kwaksalwery
Maandag 20 November 2017

Universiteit Stellenbosch bied vandag en mŰre vir die eerste keer 'n internasionale beraad aan om kwaksalwery, pseudo-wetenskap en vals nuus in die gesondheids-bedryf teŽ te werk. Ons wetenskapkorrespondent en die organiseerder van die beraad, George Claassen, verskaf meer besonderhede.

Ontleder oor die "staatsgreep" in Zimbabwe
Woensdag 15 November 2017

Die weermag het die staatsbeheerde Zimbabwe Broadcasting Corporation in Harare oorgeneem. Tydens die regstreekse uitsending, is president Mugabe en sy gesin die versekering gegee dat hulle veilig is en dat slegs die kamerade rondom hom geteiken word. Ons praat met die politieke wetenskaplike professor Anthoni van Nieuwkerk van Wits Universiteit.

Suid-Afrikaanse Indiensname verslag vir 2017
Woensdag 15 November 2017

Werkloosheid is reeds 20 jaar 'n krisis in Suid-Afrika. Daar is nie 'n land in die 100 grootste ekonomieŽ wat vir twee dekades 'n werkloosheidsyfer van bo 20% getoon het nie. Dit is volgens Mike Schussler, hoof ekonoom van economist.co.za. Hy het die vakbond, UASA se Suid-Afrikaanse Indiensname verslag vir 2017 bekendgestel.

OR Tambo lughawe nou baie stiller
Woensdag 15 November 2017

As jy vandag op 'n plaaslike vlug vanaf die OR Tambo internasionale lughawe vertrek, gaan jy ongekende stilte ervaar. Die lughawe het besluit om mikrofone vir eers af te skakel.

Haaie op die Kaapse kuslyn
Woensdag 15 November 2017

Die Kaapstad Metroraad waarsku dat skole Geelstert moontlik Groot wit-haaie na die kuslyn kan lok. Die Metroraad vra dat Kapenaars en vakansiegangers bedag moet wees hierop. Daar sal tydens die feestyd mense op strande ontplooi word om die kuslyn vir haaie te moniteer.

Gift of the Givers help Beaufort-Wes watersituasie
Woensdag 15 November 2017

Die hulplenigings-organisasie, Gift of the Givers, het begin om boorgate in die Beaufort Wes-omgewing aan te bring. Die boorgate behoort daagliks 'n bykomende 1-miljoen liter water aan inwoners te verskaf.

Kalmte gevra oor Heher-verslag
Woensdag 15 November 2017

Die Minister van HoŽr Onderwys en Opleiding, Professor Hlengiwe Mkhize, het studente vir kalmte gevra terwyl die regering die Heher-verslag verwerk.Die kommissie het bevind dat gratis tersiÍre onderrig nie haalbaar is nie, en dat slegs studente by tegniese kolleges ten volle deur die regering befonds moet word.

Ekonomiese gesprek oor SAA en Eskom
Dinsdag 14 November 2017

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens verloor daagliks meer as R12m. Die gevolg hiervan is dat sy kapitaal kontantvloei verlede week klaar was. So sÍ die Hoof direkteur van die Vrye Mark Stigting, Leon Louw. Saam met hom in ons ateljee is die hoof van die Skool vir Ekonomiese en Sake Wetenskappe by Wits universiteit, professor Jannie Rossouw.

Irmgard Bensusan oor atletiek en Suid-Afrika
Dinsdag 14 November 2017

Die Suid-Afrikaansgebore atleet, Irmgard Bensusan gesels oor haar benoeming vir Paralimpiese Sportvrou van die Jaar in Duitsland.

Heher-verslag oor gratis onderrig
Dinsdag 14 November 2017

Die Heher-kommissie van Ondersoek na die befondsing van tersiÍre onderrig, het bevind dat die land nie nou gratis onderrig vir almal kan bekostig nie.

Haalbaarheid van die Heher-verslag aanbevelings
Dinsdag 14 November 2017

Die Heher-kommissie beveel aan dat aansoek- en registrasie betalings geskrap moet word en dat die studente hulpskema, NSFAS met 'n inkomste gebeurlikheids lenings-model vervang word. Die Hoof ekonoom by die Efficient-groep, Dawie Roodt deel sy mening hieroor.

Migrante benodig sielkundige hulp
Maandag 13 November 2017

Die migrante-kwessie wek toenemend kommer onder heelparty inwoners van Europa. Baie is onder meer ongelukkig dat migrante onderhou word deur belastingbetalers se geld, terwyl ander verdere terreuraanvalle vrees. Marlinťe Fouchť berig dat juis diť kwessie tweespalt onder burgers van Denemarke veroorsaak . Sy het met 'n Deense vrou, Marie Reiter, gepraat oor haar ervaring as vrywilliger wat met Siriese vlugtelinge werk.

Wetsontwerp om fluitjieblasers te beskerm
Maandag 13 November 2017

Die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrog Eksaminators ondersteun die Beskermde Openbaarmakings-Wysigingswetsontwerp. Dit bied addisionele beskerming aan fluitjieblasers van bedrog en korrupsie. Die wysigings maak onder meer voorsiening vir beskermde openbaarmaking van ongerymdhede in die werksplek. Die vereniging se voorsitter, Jaco de Jager sÍ dit is veronderstel om 'n kultuur van etiese nakoming te bevorder deur flutjieblasers teen burgerlike, strafregtelike of disiplinÍre klagtes te beskerm.

Beaufort-Wes kort geld om waternood te oorkom
Maandag 13 November 2017

Die uitvoerende burgemeester van Beaufort-Wes, Japie van der Linde, sÍ die dorp het geld nodig om ondergrondse water,wat buite die dorp is, vir daaglikse gebruik aan te lÍ. Die dorp se damme is dolleeg en waternood moet daagliks bestuur word.

Oos-Kaapse boere ontvang voerskenkings
Maandag 13 November 2017

'n Boer in die Aberdeen in die Oos-Kaap se se pleidooi vir droogtehulp het boere in die Vrede en Newcastle-omgewing geraak. Dertien vragmotors vol voer is die afgelope naweek aan boere in diť streek oorhandig. 'n Boer in die Aberdeen-omgewing, Louis Lategan vertel dat daar in byna vier jaar nog geen noemenswaardige reŽn in die gebied geval het nie.

Moet apartheid die skuld kry vir vandag se korrupsie?
Maandag 13 November 2017

Apartheid het n bruikbare bloudruk gelaat vir die korrupsie wat ons tans beleef. Dit was die strekking van n boodskap deur twee joernaliste, Karyn Maughan en Pieter-Louis Myburgh, skrywer van The Republic Of Gupta, a Story of State Capture. Maughan het tydens n voorlegging aan die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Konstitusionele Regte en die Skool vir Publieke Leierskap, gesÍ staatskaping het nie saam met die Guptas in 1993 in Suid-Afrika gekom nie. Die Hoof sekretaris van die Afrikaner Bond, Jan Bosman, sÍ aikona - om die blaam op Apartheid te plaas is holrug gery en loutere onsin.

RSG Skatkis
Vrydag 10 November 2017

Die amptelike bekendstelling van RSG Skatkis 2018.

Pravin Gordhan vereer met Afrika-toekenning vir etiese leierskap
Donderdag 9 November 2017

Die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, het vandag die nuutste ontvanger geword van die Afrika-netwerk vir etiese sakeleierskap (BEN-Africa) se Orde van die Kremetart. Gordhan het met Heindrich Wyngaard op Monitor gepraat.

Kenner oor nuwe woelinge oor gratis hoŽr onderwys
Woensdag 8 November 2017

Pres. Jacob Zuma beplan glo om gratis tersiÍre onderrig in te stel ten spyte daarvan dat 'n kommissie van ondersoek hierna daarteen besluit het. Die president het tot nou versuim om die kommissie se verslag openbaar te maak. Ons praat met advokaat Frans Rautenbach wat in sy boek "South Africa Can Work: How a Free Market and Decentralised Government Can Make Us a Winning Nation" ook oor die kwessie van staatsbefondsing van hoŽr onderwys skryf.

"Biography of an Uncharted People"
Woensdag 8 November 2017

Die onvertelde stories van Suid-Afrikaners wat in die verlede oor die hoof gesien is en deur die geskiedenis opsy gelaat is, gaan die lig sien. Dit is te danke aan ʼn nuwe projek gesetel in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Hierdie projek is getiteld Biography of an Uncharted People. Ons praat met die projekleier, Prof Johan Fourie.

President Zuma keur ondersoek na Inkomstediens goed
Woensdag 8 November 2017

Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sÍ President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Gigaga sÍ die kommissaris van die Inkomstediens, Tom Moyane, is oor die ondersoek ingelig en het onderneem om sy samewerking te gee. Ons praat met 'n ekonoom by Rebalance Fund Managers, Dr Chris Harmse.

Die politieke motivering van die Inkomstediens se ondersoek
Woensdag 8 November 2017

Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sÍ President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Ons praat hieroor met die politieke en beleidsontleder prof. Erwin Schwella van die Skool vir Publieke Leierskap by die Universiteit Stellenbosch.

Wat die MK-veterane oor Naledi Pandor sÍ
Dinsdag 7 November 2017

Carl Niehaus, woordvoerder van die ANC se MK militÍre veterane, reageer op min. Naledi Pandor as adj.pres. Cyril Ramaphosa se verkiesingsmaat vir die ANC se Top 6-leierskapstryd. Heindrich Wyngaard het die vrae gevra.

Ramaphosa kies Pandor as sy adjunk-kandidaat
Dinsdag 7 November 2017

Die Cyril Ramaphosa-veldtog vir die ANC se leierskapstryd het verras deur min. Naledi Pandor aan te kondig as sy kandidaat om as ANC-adjunkpresident verkies te word. Melanie Verwoerd, politieke ontleder en oud-ANC-LP, beantwoord Heindrich Wyngaard se vrae hieroor.

Grondwetkenner oor verwikkelinge rondom Pauw-boek
Dinsdag 7 November 2017

Die uitgewers van die boek "The President's Keepers" het die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se regsverteenwoordiger laat weet hulle gaan nie die boek van die mark onttrek nie, terwyl die familie van die SSA-baas Arthur Fraser nou ook met regstappe dreig. Heindrich Wyngaard praat hieroor met grondwetkenner prof. Pierre de Vos.

Moet die ou landsvlag verban word?
Dinsdag 7 November 2017

Die Nelson Mandela-stigting het 'n kat in die duiwehok gegooi deur 'n oproep dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verbied word - en dit weens die verdeling wat dit dikwels veroorsaak. Maar is dit die beste wyse om verdelende simbole uit die verlede te hanteer? Die uitvoerende hoof van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, Stan Henkeman, en die sanger, akteur, skrywer en sosiale aktivis Steve Hofmeyr, praat hieroor.