EposTwitter

Aanbieders

Wilna Matthee

Wilna Matthee
Biografie

Wilna Matthee is ‘n produksie-redakteur en senior regisseur by RSG se aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum en Naweekaktueel.

Moenie my vra hoe lank ek al by die SAUK is nie… ek skat dis so omtrent die helfte van my lewe!

Ek het met ‘n Honneursgraad in Kommunikasiekunde eers koerant en tydskrifjoernalistiek beproef en toe die radio ontdek. Ek het altyd gedink omroeperswerk is net 'n uur of so ‘n dag (a la Fanus Rautenbach met sy Flink uit die Vere soggens) en gedroom om ook die uitsaaiwêreld te betree. Die realiteit van die SAUK se nuuskantoor in Durban het baie gou die teendeel bewys! Lang ure, die onmiddelikheid van radio en uurlike spertye leer jou gou om vining te dink, skryf en praat.

En hier is ek steeds… want radio kom in jou bloed. Die adrenalien van ‘n regsteekse program soos Monitor en Spektrum kry ‘n houvas en jy weet later dat mens in ses sekondes nog baie kan sê en selfs ‘n gas in daardie tyd kan bel en op die lug kry.

Mense se dinge en bedrywighede, internasionale en plaaslike politieke gebeure en die stories wat jou aan die hart ruk, sal altyd my belangstelling wees... en dan net om die spoed so bietjie te breek, raak ek verlore in my skilderwerk en verslind die boeke waarop ek my hand kan lê.