EposTwitter

Aanbieders

Foeta Krige

Foeta Krige
Biografie

Foeta Krige is die uitvoerende regisseur van RSG se nuusaktualiteitprogramme.

Hy het sy joernalistieke loopbaan in 1981 by die destydse Transvaler as misdaadverslaggewer begin. In die daaropvolgende jare het hy by Die Suidwester in Windhoek gewerk, was hy parlementêre korrespondent vir Perskor in Kaapstad en nuusredakteur van die Vaderland.

In 1990 sluit hy aan by die SAUK se verslagspan in Johannesburg en in 1995 word hy ‘n senior regisseur by Monitor. In 2004 word hy aangstel as Uitvoerende Regisseur van Monitor en Spektrum.