Epos

Aanbieders

Louise Jooste

Louise Jooste
Biografie

Louise het in November 2006 by RSG begin werk. As bemarkingsbestuurder is dit haar verantwoordelikheid om die RSG-handelsmerk en blootstelling daaraan te bevorder. Dit doen sy deur bemarkingstrategieë te ontwikkel wat spesifieke gehore sal trek en 'n bepaalde markaandeel sal laat groei. Die bemarkingselemente wat sy aanwend, bestaan uit verskeie aktiwiteite soos advertensies, veldtogte, vennootskappe, sosiale uitreiking, luisteraarinteraksie en digitale tegnologie.

Louise sê sy is ietwat kompulsief, daarom het sy altyd allerhande lysies vir wat en hoe sy dinge moet doen. “Maar die voordeel daarvan is dat ek baie deeglik beplan,” sê sy. Sy glo verder 'n mens moet altyd jou beste lewer en dit die eerste keer reg doen.

Kinders het 'n spesiale plekkie in Louise se hart. Daarom kom dit as geen verrassing nie dat benewens haar eie woelwaters sy ook nog tyd afknyp om betrokke te raak by Huis Kosmos, 'n Umephi-satellietkinderhuis in die suide van Johannesburg wat omsien na kinders wat uit moeilike huislike omstandighede verwyder is.