Epos

Aanbieders

Wouter de Wet

Wouter de Wet
Biografie

Wouter se verbintenis met RSG strek terug na die dae toe die diens nog as Die Afrikaanse Diens bekend gestaan het. In die jare sestig is hy dikwels genooi om volledige operas en operettes vir die diens uit te saai. Hy was ook aanbieder van Warm uit die Oond, 'n program waarin nuwe plate bespreek is, en het gereeld as kritikus bydraes gemaak in Kunsforum, wat deur Verna Vels aangebied is.

Tussen 1996 tot 2010 het hy gereelde tennisverslae op RSG uitgesaai.

Deesdae is Wouter die man agter die mikrofoon van Dis Opera. “Opera is my passie, my raison d’etre, en om 'n drie uur lange program op Sondagaande te kan aanbied, is pure plesier!”, sê Wouter

En sy lewensfilosofie? “Om elke dag voluit te leef. Ek sien nooit uit na die naweek, na die einde van die maand of na my volgende vakansie nie. Vandag is té belangrik, die lewe te kort.”

Hoewel hy nie so lief is vir lughawens en om te pak nie, hou reis wel 'n bekoring vir Wouter in. “Ek verkies tog nog glinsterende wêreldstede soos Londen, New York, Wene, Venesië of Rome waar ek aand na aand in 'n teater kan sit,” sê hy.

Wouter het groot deernis met kankerpasiënte. Hy voel om na die behoeftes van sulke pasiënte om te sien is 'n plig eerder as 'n welsynsdaad. “Ek ondersteun graag kankerlyers, vervoer hulle graag na die hospitaal waar hulle chemo-behandeling ontvang en moedig hulle onophoudelik aan om positief te bly, en aan te hou glo: Wonderwerke gebeur nog steeds. Ek weet…