EposTwitter

Aanbieders

Lynette Francis

Lynette Francis
Biografie

Lynette Francis is as joernalis opgelei en haar joernalistieke loopbaan sluit werk in die gedrukte- en elektroniese media in. Sy begin werk as verslaggewer by Rapport en was al assistentredakteur by twee toonaangewende nasionale tydskrifte, Sarie en Woman’s Value/Dit. Haar uitsaailoopbaan het meer as ‘n dekade gelede by RSG begin nadat sy ‘n boekvoorlesing gedoen het. Sedertdien het sy al vir KFM, Punt Geselsradio, Cape Talk/702 as dj en talk show aanbieder gewerk en was vryskut-tv nuusleser en aanbieder vir die SABC se destydse streekprogram Kaap om Ses. Sy was ook die medeaanbieder van DSTV se geselsprogram, Emma ko’ lê ma, op Kyknet en was ook deel van ‘n televisie reisreeks vir Discovery Channel – Lonely Planet, Six Degrees. Lynette het ‘n passie vir joernalistiek en het die afgelope paar jaar joernalistiekstudente opgelei en vir werkplasing afgerond. Wanneer sy slaap, droom sy sy’s ‘n superheldin in haar volgende lewe…!