EposTwitter

Aanbieders

Leon van Nierop

Leon van Nierop
Biografie

Leon het in 1975 as omroeper/regisseur by die SAUK begin werk. Hy skryf verskeie trefferradioverhale, waaronder WOLWEDANS IN DIE SKEMER en STRALERJAKKERS en skryf ook verskeie TV-dramas en TV-reekse soos BALLADE VIR 'N ENKELING en VILLA ROSA. Hy doen rolprentresensies vir verskeie tydskrifte en koerante en is hoof van die Rolprentakademie by die TSHWANE UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE. Hy lei jong rolprentmakers op en het ook 'n program oor S.A. kortfilms op SKY TV se NSAT-kanaal in Europa aangebied. Hy skryf ook rubrieke, reisartikels en tydskrifverhale. Hy het reeds 18 romans gepubliseer.