EposTwitter

Aanbieders

Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert
Biografie

Christelle se stem is die eerste keer in 2002 op RSG gehoor as die karakter, Melody Maynard, in die middagvervolgverhaal Blinkwater. Een middag het sy haar CV en 'n opname van haar stem op programbestuurder, Terrance April, se tafel gaan neersit en drie maande later het hy haar geskakel. In 2003 het sy met opleiding by RSG begin.

Benewens kontinuïteitskofte op RSG, is Christelle die aanbieder van RSG Kuns en Leeskring. Sy is ook medeskrywer, vervaardiger en akteur van die kinderstorie Poen en Toekie.

Christelle se lewensfilosofie is: Let go, and let God. Sy hou daarvan om in beheer te wees, maar moes al op die harde manier leer dat sy eintlik glad nie in beheer is nie. “Daar is 'n lewende God wat in beheer is van my lewe,” sê sy.

Christelle se werk neem 'n groot deel van haar lewe in beslag. Maar sy sê as sy nie werk nie is dit die heel lekkerste om by haar gesin te wees. “Ons is versot op mekaar,” sê sy.Benewens haar werk by RSG is sy onlangs ook aangestel as die tydskrif Lééfse boekeredakteur. “Lees was nog altyd my passie,” sê sy.

Op 'n meer persoonlike noot, Christelle het 'n suster wat verstandelik gestremd is, wat maak dat sy 'n baie sagte plekkie vir gestremdes het. “Ek glo dis die Here se engele wat rondloop op aarde.”