Epos

Aanbieders

Darren Taylor

Darren Taylor
Biografie

Darren is 'n korrespondent vir RSG se aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum en Naweekaktueel.

Darren het sy joernalistieke loopbaan by die SAUK in 1993 begin. Sy eerste groot opdrag was om Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 te dek. Sedertdien doen hy verslag oor 'n wye verskeidenheid stories, insluitend politiek, misdaad, gesondheid en oorloë en menseregteskendings in Afrika.

Hy het as 'n lid van die SAUK se span gedien wat verslag gedoen het oor Suid-Afrika se Waarheid- en Versoeningskommissie van 1995 af tot 1999. Die span is met die Pringle-toekenning vir Dienste aan Suid-Afrikaanse Joernalistiek bekroon. Darren het ook verskeie ander toekennings oor die jare ontvang, insluitend die Discovery Radio Gesondheidsjoernalis van die Jaar-prys.

Hy het ook vryskutwerk vir internasionale media gedoen, insluitend die BBC en Voice of America. Hy is tans in Johannesburg gebaseer waar hy sy bes probeer om oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe verslag te doen, en om enigiets oor Julius Malema en Steve Hofmeyr en die ekonomie te vermy.