Epos

Aanbieders

Zorada Temmingh

Zorada Temmingh
Biografie

Zorada word beskou as een van Suid-Afrika se voorste orrel-improvisators, veral vir haar innoverende klankbaan-improvisasies vir stomfilms (The Hunchback of Notre Dame, The Four Horsemen of the Apocalypse, en The Phantom of the Opera). Vir haar grensverskuiwende bydrae tot klassiekemusiek is sy tydens die KKNK 2006 met ‘n spesiale Kanna vereer.

Sy is sedert 1986 orrelis van die Moedergemeente Stellenbosch. Sy tree landwyd op in produksies met orrel-improvisasies rondom spesifieke temas. Sy het reeds vyf CD's met orrel-improvisasies vrygestel. Internasionale optredes sluit in konsertreise na die VSA, Switserland, België en Namibië.

As pianis vorm sy saam met Elna van der Merwe die Blondes, ‘n klavierduo wat klassieke sowel as ligte musiek verwerk in tweeklavierkeurspele. Hulle het reeds drie CD's vrygestel. Internasionale optredes sluit in Cadogen Hall in London, Israel, en Lesotho.