EposTwitterFacebook

Aanbieders

Jean Oosthuizen

Jean Oosthuizen
Biografie

Jean Oosthuizen is ʼn joernalis en was onder meer vir tien jaar lank politieke korrespondent by die SAUK nadat hy as koerantjoernalis uit die parlementêre persgalery verslag gedoen het vir verskeie dagblaaie. Hy is op die oomblik ʼn vryskutjoernalis en lewer gereeld bydraes vir koerante en tydskrifte en is ook Bestuurder: Webwerf en geïntegreerde sosiale media van die Eugène Marais-stigting in die Paarl.

Hy woon in die Strand en hou daarvan om oop gesprekke oor aktuele sake op sosiale media te voer, te filosofeer oor ʼn glasie wyn en het onlangs self ingespring met verbouings aan sy huis. Hy kuier graag saam met goeie vriende.