TwitterFacebook

Aanbieders

Martin Headger

Martin Headger
Biografie

Martin Headger is oorspronklik van Polokwane, maar het Johannesburg toe verhuis om sy loopbaan en sy drome in die mediabedryf te bevorder. Hy het linguistiek en Frans aan die Universiteit van Johannesburg studeer, en is ‘n liefhebber van tale. Kommunikasie, veral in Afrikaans, lê hom baie na aan die hart.

Hy is sedert 2011 in die mediabedryf, en sy passie is leefstyl en vermaak. Radio is waar hy tuis voel, maar sy talente strek verder en wyer. Hy is verslaaf aan digitale media en soek elke verskoning om aanlyn te wees.