EposTwitterFacebook

Aanbieders

Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard
Biografie

Dit was toe hy op skool douvoordag koerante afgelewer het dat die NUUS-kierigheid Heindrich begin beetpak het. In matriek was hy dorpskorrespondent op Caledon, en reeds as student het hy as onderhoudvoerder en meningsvormer ontpop.

Hy is op 23 as ’n Media24-parlementêre verslaggewer aangestel én as rubriekskrywer. Hy vorder tot Politieke Redakteur by Die Burger en Rapport. Sy stem word al sedert die middel-1990's op radio gehoor en hy was voorheen op kykNet veldaanbieder vir Kwela en aanbieder van Wat’s die storie?.

Uit sy pen: Die Gevleuelde Woorde en Wyshede van Peter de Villiers; Standpunte van Annerkant die Treinspoor; A Home for Zephany en as medeskrywer: The Ashwin Willemse Story.

Ná aftrede wil Heindrich, wat op ’n plaas gebore is, voltyds skryf en met skape boer.