EposTwitterFacebook

Aanbieders

Arehan Brand

Arehan Brand
Biografie

Arehan het van ‘n jong ouderdom af daarvan gehou om te skryf, en soos hy ouer geword het, het hy ‘n belangstelling in nuus en aktuele sake ontdek. Dit is dus geen verrassing dat hy tans Joernalistiek aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie studeer nie.

Arehan is een van RSG en Befonk se nuutste aanbieders, en hy geniet hom gate uit by radio. As hy nie agter die mikrofoon sit nie, kan jy hom op die pad vind waar hy van die stadslawaai vergeet en die plattelandse landskap geniet.