Epos

Aanbieders

Veronique van Heyningen-Pieterse

Veronique van Heyningen-Pieterse
Biografie

Veronique van Heyningen werk al sedert 19 jarige ouderdom (d.w.s. 2003) by die SAUK, en het in Johannesburg by die radio-advertensieverkoopsafdeling begin. Haar loopbaan by die SAUK het in 2007, met haar ‘n draai in Kaapse gemaak, en vyf jaar later terug Johannesburg toe gebring, dié keer nie in verkope nie, maar as produksieregisseur van radio-advertensies, kopieskrywer, vertaler en stemkunstenaar.

Sy het in 2013 by RSG aangesluit as vryskutregisseur by LOSLIP met Ian Wessels. Sy is in April 2015 aangestel as regisseur van MIDDAG OP RSG met Ettienne Ludick en Sue Pyler.

Veronique het ‘n groot liefde vir skryf. Sy het ‘n kursus in redigering gedoen aan die Universiteit van Kaapstad, en is tans besig met haar Diploma in Wynkunde deur die Kaapse Wynakademie. Sodra sy hierdie kursus voltooi het, wil sy begin met die Kaapse Wynmeesterskursus. Sy poog ook om deeltyds ‘n diploma in Italiaans te voltooi.

Sy lees graag kosboeke, geskiedenisboeke, en luister na jazz en klassiekemusiek.

O ja, en sy is mal oor uiteet!