Epos

Aanbieders

Stephan Cloete

Stephan Cloete
Biografie

Stephan eet, slaap en droom sport. Hy het in 1999 as 'n vryskutomroeper by 'n gemeenskapsradiostasie in Bloemfontein begin werk waar hy elke dag ondermeer sportverslae gedoen het.

Hy is tans 'n sportbestuurder en is 24 uur per dag betrokke by sport, wat sy lewe en passie is.

Hy glo daaraan om 'n positiewe uitkyk te hê en om voluit te lewe. Hy haat negatiewe denkwyses en agterbakse mense.

Die groot vreugdes in sy lewe is sy vrou en twee seuns. Hulle is altyd aan sy sy langs die sportveld. Hy hou daarvan om gholf te speel en om saam met 'n paar pêlle om die braaivleisvuur te kuier.

Stephan het altyd 'n vrye hand teenoor welsynorganisasies en tree op as seremoniemeester by liefdadigheidsfunksies en aankondiger by skolesport.

Sy droom om 'n rugbykommentator te word, het waar geword met sy aanstelling as vryskutkommentator by RSG.