Epos

Aanbieders

Johan Kriek

Johan Kriek
Biografie

Johan het in 1981 ‘n Honneursgraad in Kommunikasie aan die Vrystaatse Universiteit verwerf. Hy begin sy joernalistieke loopbaan in 1982 by Beeld se subkantoor. Hy word daarna 'n radiojoernalis by die SAUK, waar hy bulletins skryf vir Radio Suid-Afrika, Springbokradio en Radio Hoëveld.

Hy verlaat die SAUK vir ‘n paar jaar in die 80’s, en begin in 1991 weer as redakteur by Monitor/Spitstyd/Spektrum werk. Hy word in 1992 aangestel as uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, en in 1995 as nuusredakteur by SAUK Radionuus in Johannesburg.

Daarna doen hy die rondte daarna by Punt Geselsradio, sy eie advertensie-, bemarking- en navorsingsmaatskappy wat onder meer Arrive Alive se veldtogte hanteer.

Aan die begin van 2013 begin hy weer voltyds nuusbulletins vir RSG skryf.