EposTwitter

Aanbieders

Charlene Lackay

Charlene Lackay
Biografie

Charlene Lackay (néé Truter) is elke Maandag aanbieder van die babaprogram BRABBELTYD op Oggend op RSG.

Sy is sedert 2003 aanbieder van die joernaalprogram Pasella op SABC2. Sy het haar medialoopbaan begin as joernalis by Sarie-vrouetydskrif en was later subredakteur by die Die Burger-nagkantoor. Sy het haar meestersgraad in die joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

Charlene het ook as vryskutskrywer en vertaler vir publikasies soos Lééf met hart en siel, Baba & Kleuter en die Switserse publikasie AfricaLink in Duitsland gewerk.

As sanger het sy ook verskeie soloproduksies by kunstefeeste gedoen en was deel van die Suidoosterfees-opdragwerk die Kaapse Kabaret.

Charlene woon tans in Pretoria saam met haar man en babadogter ('n gereelde agtergronddeelnemer aan Brabbeltyd!).

Sedert Augustus 2013 is sy eksterne kommunikasiehoof vir die finansiële dienstemaatskappy Momentum.