EposTwitterFacebook

Aanbieders

Louis Awerbuck

Louis Awerbuck
Biografie

Louis is ‘n kliniese sielkundige wat sedert 1995 in privaatpraktyk is. Sy loopbaan het by die SA Polisie se eenheid vir Misdaadgerigte Sielkunde begin waar hy toonaangewende navorsing gedoen het oor reeksmisdadigers. Hy het aan die Universteit van die Vrystaat gestudeer, asook by die Universiteite van Johannesburg, Potchefstroom, Pretoria en Stellenbosch. Hy was betrokke by die opleiding van nagraadse studente in Sielkunde, is ‘n gepubliseerde skrywer en ‘n geregistreerde praktisyn van Neuro-linguistieke Programmering.

Hy spesialiseer al vir jare in algemene psigoterapie met volwassenes, sielkundige assessering en sportsielkunde (Blou Bulle Rugby Unie, Holland Nasionale Rugby, St. Albans, en Paarl Boys High). Hy het ook met verskeie provinsiale-, nasionale-, en Olimpiese sportlui gewerk vir die verbetering van prestasie. Louis lewer ook gereeld spesialis-hofgetuienis en het verskeie kere al in die Hooggeregshof en ander howe opgetree.

Hy is ook intensief betrokke by konsultasie aan maatskappye vir leierskapsontwikkeling, opleiding, spanontwikkeling, keuring en plasing. In hierdie verband was hy al by verskeie maatskappye op topvlak betrokke  - onder andere Anglo American Corporation, De Beers, Deloitte & Touche, PPC, SA Brouerye, SAP Southern Africa, ABSA, Standard Bank, SA Reserve Bank, Fedsure, Nedcor, FNB Corporate Bank, BKB, en Eskom.

As gevolg van vorige televisie- en radio ondervinding (Louis was aanbieder van sy eie radioprogram in Pretoria) en die bewustheid van die groot nood aan geestesgesondheid in Suid-Afrika, gooi hy nou sy gewig in saam met sy verloofde, Lise Swart, om ‘n verskil te probeer maak.

Sy privaatpraktyk is tans in Stellenbosch in die Wes-Kaap.