EposTwitter

Aanbieders

Graig-Lee Smith

Graig-Lee Smith
Biografie

Graig-Lee wou altyd in die mediabedryf werk. Hy het in graad 10 besluit om ʼn diploma in joernalistiek te doen en is tans ʼn finale jaar joernalistiekstudent in Kaapstad.

Tydens sy studies het hy job-shadowing by bykans elke radiostasie in Kaapstad gedoen. Sy ander loopbaanhoogtepunte sluit in sy internjaar waar hy meer veldervaring in aanlynmedia opgedoen het. Hy is ook in 2013 genomineer om Suid-Afrika by die Young World Leaders Seminar in Johannesburg te verteenwoordig.

Hy is ʼn Kapenaar in murg en been en sal nie sommer die Moederstad verlaat nie.