EposTwitter

Aanbieders

Justin Kennerley

Justin Kennerley
Biografie

Ek is van kleintyd af ‘n nuuskierige agie wat alles oor alles wil weet. Ek wou ‘n fotograaf word, maar het besluit om eerder te kyk wat joernalistiek vir my sal inhou. Ek het tydens my studies by verskeie koerante gewerk, waarna ek die korporatiewe kommunikasiewêreld betree het. Na vyf jaar het ek genoeg daarvan gehad en my droom gevolg om in die radiowese te werk. Ek fokus veral op die lugvaart, tegnologie en motors. Ek geniet dit vreeslik om hoorbeelde te maak, waar ek met die hulp van klank ‘n duidelike prentjie in die luisteraar se kop kan skets.