EposTwitter

Aanbieders

Melissa Tighy

Melissa Tighy
Biografie

Ek is ‘n “klein dorpie-mens” in die groot, maar darem mooi stad, Johannesburg. Ek kom van die Paarl af, en ja nes enige ander Kapenaar in Johannesburg mis ek die berge die meeste.

Ek het skoolgegaan in die Paarl en is toe na die Universiteit van Stellenbosch waar ek Afrikaans & Nederlands en Politieke Wetenskap studeer het. Na my BA-graad het ek my honneurs in Joernalistiek gedoen, ook by Maties. Toe moet ek werk soek...

Ek het in 2011 by die SAUK begin werk as ‘n intern in die Seepunt-kantoor. Daar het ek geleer van televisie en radio, om nie te vinnig te praat nie en om daai Bolandse êk bietjie-bietjie af te leer.

En toe kom die pos by RSG se Monitor en Spektrum. Ek geniet dit elke oomblik... behalwe as my alarm elke oggend so skuins na vier afgaan...