Epos

Aanbieders

Lise Roberts

Lise Roberts
Biografie

Min het ek geweet dat ek eendag sou terugkeer plaas toe. En hoe? Deur middel van DIE EEN -  RSG.

Ek is in 1967 in Winterton, KwaZulu-Natal gebore. Gou was die uitvoerende kunste deel van my lewe en ná my dansopleiding op hoërskool het ek Drama studeer by Tukkies. Ek het by die destydse TRUK of Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste my loopbaan begin en met daardie karige salaris besluit om eerder as skakelbeampte by 'n bank te gaan werk.

Ek was net een te veel vir die gewone bankamptenare en gelukkig het die bank hulle eie televisienuusstasie gehad waar ek toe vir die volgende bykans 10 jaar as aanbieder gewerk het.

Ek woon in Pretoria met my man en dogter.. Ek wou nog altyd radio gedoen het en drie jaar gelede het ek uitgevind Hennie Maas en sy ateljee is net om die draai. Ek en Hennie, my leermeester, is 'n indrukwekkende span. En as aanbieder van RSG Landbou is ek uiteindelik ook weer 'n plaasmeisie op die lug en in my hart!