Epos

Aanbieders

Johan van Lill

Johan van Lill
Biografie

Johan van Lill het verskeie opvoedkundige kwalifikasies en is een van die min mans in Suid-Afrika met grondslagfase-onderwyskwalifikasies. Hy is ’n ervare skrywer van etlike opvoedkundige reekse en ontwikkelaar van kurrikulummateriaal vir laer- en hoërskole. Hy skryf gereeld vir tydskrifte en koerante oor die ontwikkeling van wiskunde en leesvaardighede by kinders en is ook die amptelike opvoedkundige konsultant vir HIP2B² wat vaardighede in wiskunde, wetenskap, tegnologie en entrepreneurskap onder Suid-Afrikaanse kinders ontwikkel. Johan spesialiseer daarin om ouers en onderwysers op te lei om hulle kinders optimaal voor te berei vir skool en formele leer.

Hy is 'n ervare motiveringspreker, radio aanbieder, uitgewer en ontwikkelaar van inhoud. Johan het gespesialiseerde kennis van geletterdheid, elektroniese leer-, media-geletterdheid en tegnologie. Hy is 'n bekende skrywer en gewilde spreker.

Johan se programme
Groeipyne
Groeipyne
Donderdag
11:30-12:00

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Groeipyne
Groeipyne
Donderdag
12:00-12:30

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Lekkerleer
Lekkerleer
Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag
14:30-14:45

Die program neem kinders op opwindende leerervarings om hulle te help om die wêreld om hulle beter te verstaan. Elke program het ’n tema wat skakel met die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring, en word so gekies dat dit wat kinders in die klaskamer doen, uitgebrei word. Deur hierdie unieke radioervarings, ontwikkel kinders se algemene kennis, luistervaardighede en insigte op ’n prettige wyse.

Ons en die onderwys
Ons en die onderwys
Sondag
16:30-17:00

Die program fokus op aktuele sake in die onderwys wat kan dien as inspirasie vir onderwysers, leerders en ouers. Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Sondagjoernaal
Sondagjoernaal
Sondag
07:00-07:50

ʼn Godsdiens-leefstylprogram met die fokus op aktuele temas wat die geloof uitbeeld.