Twitter

Aanbieders

Ivor Price

Ivor Price
Biografie

Ivor Price was net 14 toe sy eerste koerantberig verskyn het. Vandag het hy as joernalis al in verskeie mediums gewerk, maar dis die radiogogga wat die hardste gebyt het. Hy was betrokke as aanbieder en vervaardiger by RSG se Befonk, Met raad en daad, en deel van die span by Monitor, Spektrum en Naweekaktueel.

Sy ander loopbaanhoogtepunte sluit in tyd in Londen as ’n buitelandse korrespondent vir Media24 se Afrikaanse koerante, en sy werk as joernalistiek-opleier vir die Wêreldkoerantvereniging (WAN-IFRA).

Hy’s ’n Kapenaar in murg en been, maar ook ’n gereelde reisiger wat stadig maar seker die uithoeke van die aarde verken.