Epos

Aanbieders

Sharifa Swartz

Sharifa Swartz
Biografie

Sharifa is uitvoerende regisseur van RSG se opvoedkundige programme.

Die radiogogga het my in 1999 gebyt met my eerste werk as aanbieder en joernalis van die destydse radionuus-streeksprogram, Noordkaap-fokus, op RSG.

Ek is ‘n Kimberley meisiekind, maar ook ‘n trotse Kapenaar! Ek het in 2006 ‘n groot liefde vir Johannesburg gekweek waar ek ‘n pos by die Afrikaanse TV Nuus as bulletinskrywer aanvaar het.

Vier jaar later en ek’s terug by radio waar ek tans die hoof van Opvoedkunde in die Wes-Kaap is. My hele lewe is dus ‘n reis!

Fluit, fluit, my storie is uit!