Epos

Aanbieders

Phil Loots

Phil Loots
Biografie

Ek het ná skool aangemeld vir nasionale diensplig, en voor ek my oë kon uitvee, het ek 'n militêre loopbaan van 13 jaar gehad. Die laaste vyf jaar hiervan was by die buitelandse betrekkinge kantoor. Toe groet ek uiteindelik, wat een jaar diens moes wees, die soldaatwêreld as 'n majoor.

Die uitsaaiwêreld gaan vir my oop toe ek by Triple M Produksies aansluit en later ook as omroeper by die RSG-span aansluit. Sedertdien geniet ek die uitsaaiwese terdeë en hoop om nog vir baie jare die voorreg te kan hê om die uitsaai-ateljee as kantoor te mag hê.