Epos

Aanbieders

Muriël Janse van Rensburg

Muriël Janse van Rensburg
Biografie

Muriel is die geleentheidsbeplanner by RSG. Sy is verantwoordelik vir onder andere die buite-uitsendings soos die RSG-verhoog by al die groot feeste waarby RSG betrokke is. Sy werk al die afgelope kwarteeu by die SAUK en het in die maatskappy se regsafdeling begin as persoonlike assistent vir die groephoof-advokaat. In 2009 het sy by die RSG-span aangesluit en werk nou saam met die bemarkingsbestuurder.

Haar passie was nog altyd geleentheidsbeplanning en organisering. Sy geniet die verskeidenheid van aktiwiteite by elke nuwe projek, soos om met kunstenaars en ander bekendes te werk.

In haar vrye tyd speel sy graag kitaar en tromme, maar het ook ‘n besonder voorliefde vir ysterperde – al besit sy nie een nie. Maar sy werk glo daaraan!