EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Anita Visser

  • Huldeblyk aan Pik Botha
    Maandag 15 Oktober 2018

    Die begrafnisdiens van oud-minister Pik Botha gaan volgende week Dinsdag vanuit die NG Kerk in Wonderpark, Pretoria plaasvind. Die 86-jarige Botha is vroeg Vrydag in sy slaap by sy huis in Pretoria dood, nadat hy die afgelope paar weke siek was. Hy was op 'n stadium die langsdienende Minister van Buitelandse Sake in die wÍreld. Hy het die amp beklee tydens die bewind van John Vorster, P.W. Botha, en F.W. de Klerk. Hy het ook van 1994 tot 1996, in oudpresident Nelson Mandela se kabinet gedien. MONITOR het die volgende POLITIEKE huldeblyk saamgestel..

  • Sunday Times sê jammer oor vals nuus
    Maandag 15 Oktober 2018

    Die Sunday Times Sondagkoerant het in gister se uitgawe erken dat hy vals berigte geplaas het oor moorde in Cato Manor by Durban, 'n geheime ondersoekeenheid in die Inkomstediens, en die deportasie van ZimbabwiŽrs. Die koerant het om verskoning gevra en ingestem om die prysgeld terug te gee wat met toekennings vir diť berigte gewen is. Ons praat nou verder hieroor met die veteraan-joernalis, skrywer en politieke kommentator Max du Preez..

  • Die SABC bespreek sy regruk-strategie
    Vrydag 12 Oktober 2018

    Die SAUK se finansiŽle bestuurshoof, Yolande van Biljon, was gister deel van die SAUK-direksie wat sy 2017/2018 finansiŽle state aan die Parlement voorgelÍ het. Vandag vergader die openbare uitsaaier se topbestuur met verskeie vakbonde - onder meer BEMAWU, om die uitsaaier se finansiŽle herstrukturering te bespreek. Die SAUK sÍ op sy beurt die huidige salarisrekening is onvolhoubaar hoog. Vir die jongste hieroor, praat Anita Visser met die finansiele bestuurshoof, Yolande van Biljon...

  • SA dokters se Salomo-besluit
    Maandag 8 Oktober 2018

    Die wÍreld se eerste lewer-oorplanting van 'n MIV-positiewe ma na haar kind, wat nie die virus het nie, is in Suid-Afrika uitgevoer. Daar is regoor die wereld daaroor berig. Die medici het die operasie duidelik nie sonder wroeging gedoen nie en ook binne die konteks van 'n desperate situasie - trouens hulle het die besluit beskryf as 'n Salomo-besluit. Anita Visser het met Prof Anton van Niekerk - die hoof van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch - gepraat.

  • Inwoners van Westbury versigting-optimisties oor blywende oplossing vir bendegeweld
    Donderdag 4 Oktober 2018

    Die Gautengse polisie het Dinsdag 'n saak van poging tot moord geopen nŠ 'n skietvoorval in Westbury, wes van Johannesburg. Dit het gebeur enkele ure na die minister van Polisie, Bheki Cele, se besoek aan die buurt waartydens hy belowe het dat die polisie se taktiese reaksie-span ontplooi sal word om sulke voorvalle te voorkom. Die gemeenskap betoog reeds twee weke lank oor bende- en dwelmverwante misdaad in die gebied. Anita Visser het met rolspelers in dienbuurt gepraat.

  • Kommersiële boere moet betrek word by die regering se planne vir grondhervorning
    Woensdag 3 Oktober 2018

    In Julie vanjaar het die voorsitter van die Sernick Groep en die Vrystaatse 2016 Boer van die Jaar, Nic Serfontein, 'n pleidooi aan President Cyril Ramaphosa gerig om kommersiŽle boere te betrek by sy planne vir grondhervorming. Die gevolg was dat Ramaphosa hom betrek het by 'n paneel van net tien raadgewers oor hervorming. In sy ope brief aan Ramaphosa wat goeie vrug vir hom gedra het, skryf Serfontein: "My motivering vir die skrywe van die brief is nie vrees om my plaas te verloor nie, maar dat ek oor die afgelope drie jaar eerstehands ervaar het watter hel opkomende boere deurgaan weens die feit dat hulle oor die afgelope 24 jaar deur die regering versaak is." Nic was ook vanoggend Monitor se ateljeegas.....

  • Voormalige Naspers-baas praat oor die joernalistiek van weleer
    Dinsdag 2 Oktober 2018

    Dit was oud-president Bill Clinton se huldeblyk aan die bokser Mohammed Ali, waarby Ton Vosloo aanklank gevind het: "He decided that not his race nor the expectation of others, would strip him of his power to tell his own story." En dis presies wat Naspers se gewese grootbaas gedoen het met sy boek, Oor Grense. Anita Visser het met hom gepraat.

  • Inwoners van Westbury betoog oor bendegeweld in die gebied : Deel 2
    Maandag 1 Oktober 2018

    Deel 2 van die storie oor betogings in Westbury in Johannesburg waar inwoners betoog teen bendegeweld en dwelmmisbruik in die gebiede. Ons het vroeer gehoor dat paaie in en om die Westbury-woonbuurt reeds gesluit is weens geweld wat sedert vroeg vanoggend daar uitgebreek het. Hier is Deel 2 van die onderhoud....

  • Inwoners van Westbury betoog oor bendegeweld in die gebied : Deel 1
    Maandag 1 Oktober 2018

    Ons hoofstorie vanoggend is die betogings en geweld wat die afgelope ruk in verskeie woonbuurte in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en Noord-Kaap plaasvind onder die vaandel, SHUTDOWN. Dit is daarop gemik om bedrywighede in sekere woonbuurte tot stilstand te dwing uit verset teen onder meer bendegeweld en dwelmmisbruik in die gebiede. Ons het vroeer gehoor dat dat paaie in en om die Westbury-woonbuurt reeds gesluit is weens geweld wat sedert vroeg vanoggend daar uitgebreek het. Buitebande word gebrand en na verneem word het die polisie reeds op betogers gevuur. Ons gaste is Shahim Ismael, 'n gemeenskapsleier, Tilly Michaels van die plaaslike polisiŽringsforum en 'n anti-dwelm aktivis Eldoradopark, Dereleen James. Hier is deel een van die onderhoud....

  • Fokus op Wêreld Alzheimerdag
    Vrydag 21 September 2018

    Vandag is WÍreld Alzheimerdag. WÍreldwyd is daar sowat 44 miljoen mense wat aan die toestand ly. Gewoonlik kry die pasiŽnte - relatief gesproke - heelwat media-aandag, maar die familielede wat saam deur die toestand worstel, se verhale word minder dikwels vertel. Werner Zybrands is n munisipale dienstekonsultant wat op Bettiesbaai, Wes-Kaap, woon. Sy vrou, Bibette, is 10 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer, alhoewel Zybrands sÍ die eerste tekens van Alzheimers het hy reeds 16 jaar gelede by sy vrou opgemerk.