Nou op die lug

Deurnag (Saterdag)

00:00-05:00

Empty

Interaktief

EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Lynette Francis

  • Praat saam 13 Desember 2019
    Vrydag 13 Desember 2019

    Die EFF is moontlik op pad na 地 verdelende verkiesingskonferensie van sy topleiers hierdie naweek. Hy is bekend as 地 party met 地 hegte leierskorps, wat dikwels enige bewering van interne verdeeldheid verwerp, maar sukkel om in die aanloop tot die konferensie 地 verenigde front voor te hou. Na berig word is 地 skommeling van die sentrale bestuurspan moontlik. Watter impak maak die EFF op die politieke diskoers, en hoe lyk 2020 vir hulle?

  • Praat saam 12 Desember 2019
    Donderdag 12 Desember 2019

    Botswana se regering het aangekondig dat hy gaan probeer om die onlangse Hooggeregshofbeslissing wat homoseksualiteit in die land gedekriminaliseer het, nietig te laat verklaar. Indien die regering dit regkry, sal dit beteken dat die land terugkeer na koloniale wetgewing wat paartjies in gay-verhoudings tot sewe jaar tronk toe kan stuur. Baie Afrika-lande het hulle anti-gay wetgewing geskrap, maar in Soedan, Somali en Mauritani en die noorde van Nigeri kan gay persone die doodstraf opgel word.Lynette Francis bespreek die verwerping en diskriminasie van die LGBTQI-gemeenskap, en die emosionele impak wat dit op hulle het.

  • Praat saam 11 Desember 2019
    Woensdag 11 Desember 2019

    Die gewese hoof van die Batebeslagleggingseenheid, Willie Hofmeyr, s die vervolging van skuldiges is noodsaaklik om die stryd teen korrupsie te wen. Hy het Maandag in Bloemfontein gepraat tydens die herdenking van Internasionale Anti-korrupsiedag. Amptenare in die Vrystaatse regering is by die staatskapingskommissie betrek by korrupsie en wanadministrasie, wat verband hou met die Estina suiwelplaas-projek by Vrede. Hoe vaar die president met sy anti-korrupsie planne?

  • Praat saam 10 Desember 2019
    Dinsdag 10 Desember 2019

    Verlede week op Praat saam het ons gepraat oor Suid-Afrikaners wat hulle pensioen vinniger as verwag opgebruik, en die gevolge wat daarmee gepaard gaan. Prof. Eltie Links, 創 gerekende ekonoom, het ingebel en daarop gewys dat die sielkundige en emosionele impak van aftrede jou lewe ingrypend kan verander as jy nie beplan nie. Wat is die emosionele en praktiese voorbereiding wat jy in plek moet h?

  • Praat saam 9 Desember 2019
    Maandag 9 Desember 2019

    Die 2019-skooljaar is amptelik iets van die verlede, en ouers en leerders is besig met voorbereidings vir die 2020-skooljaar. Baie ouers wil hulle kinders in die beste moontlike skool plaas, maar dit kom dikwels teen 創 prys wat hulle nie noodwendig kan bekostig nie. Watter waarborge en waarde kry jy indien jy meer skoolfooie betaal?

  • Praat saam 6 Desember 2019
    Vrydag 6 Desember 2019

    Die ANC is weer in beheer van Tshwane Metro nadat die DA-burgemeester, Stevens Mokgalapa, uit die pos verwyder is n 'n geslaagde mosie van wantroue teen hom. Daar was ook 創 geslaagde ontseteling van die burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro, Mongameli Bobani, en dan het Johannesburg Metro ook 創 nuwe ANC-burgemeester. Dit alles binne twee dae. Wat lees ons in die politieke verwikkelinge in die metropole op pad na die plaaslike verkiesing in 2021?

  • Praat saam 5 Desember 2019
    Donderdag 5 Desember 2019

    Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, het die Bo-Kaap op 1 Mei as 'n erfenisgebied verklaar. Hy s die woonbuurt is deur die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne-agentskap as 'n erfenisgebied goedgekeur. Die agentskap het die mandaat om erfenis op 'n nasionale vlak te beskerm. 'n Voorstel om die Bo-Kaap in te sluit in die Erfenisbewarea is daarop gemik om die woonbuurt se unieke historiese karakter te bewaar. Dit is egter noodsaaklik om balans te kry tussen ontwikkeling van 創 gebied en die beskerming van die erfenis.

  • Praat saam 3 Desember 2019
    Dinsdag 3 Desember 2019

    Die DA het die burgemeester van Tshwane, Stevens Mokgalapa, op spesiale verlof geplaas hangende 'n ondersoek na 'n beweerde verhouding met 'n kollega. Seksskandale het ook al leiers soos Bill Clinton, Donald Trump, Jacob Zuma en selfs Prins Andrew van Brittanje laat bontstaan. Is politici se bedsake in openbare belang?

  • Praat saam 2 Desember 2019
    Maandag 2 Desember 2019

    Die organisasie, People Against Petrol and Paraffin Price Increases, het 'n beroep op die regering gedoen om wetgewing in te stel vir die vasstelling van die petrolprys op R8 per liter. Hulle meen die regering behoort die brandstofheffing af te skaf, en eerder 'n welvaartbelasting in te stel op maatskappye op die aandelebeurs, wat wins maak uit natuurlike hulpbronne soos steenkool en ander minerale. Wat is die voor- en nadele van welvaartbelasting?

  • Praat saam 29 November 2019
    Vrydag 29 November 2019

    Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum s verbruikers moet ekstra waaksaam wees indien hulle op Swart Vrydag en tydens die feestyd aankope aanlyn doen. Die waarnemende bestuurshoof van die inligtingsentrum s mense moenie op vreemde e-posse reageer nie omdat dit hulle blootstel aan moontlike kubermisdaad. Hoe bestuur verbruikers die versoekings van Swart Vrydag dan?