Interaktief
SMS:45889
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
- WhatsApp:
076-536-6961 - (slegs teks en stemboodskappe)
Aanbieders
Christelle Webb-Joubert
-
DEURnis 5 – Winkelpop deur Braam van der Vyver
Woensdag 4 Desember 2019Volgens Doon was dit liefde met die eerste oogopslag. Hy kon net nie ophou kyk na die beeldskone Nina nie. Elke week in ‘n ander ontwerpersuitrusting. Soms net in haar onderklere. Doon besef die tyd is nou ryp om vir Nina sy huis te gaan wys, maar om dit te kan doen, moet Hendri saam. As hy nie saamgaan nie, kan hy gaan klik. En dan gaan die hel losbars. Maar wie is die geheimsinnige Nina en wat weet Hendri wat ons nie mag weet nie?
-
DEURnis 3 – Toets deur Johann Smith
Dinsdag 3 Desember 2019Jana bied ekstra klasse vir ‘n leerder aan. Die onderwys is ‘n roeping en onderwysers maak groot opofferings. Hulle motiveer en inspireer. Maar soms is dit wat ‘n onderwyseres kan bied, nie goed genoeg nie. En dan tuimel die hele kaartehuis ineen.
-
DEURnis 4 – Net deur Henque Heymans
Dinsdag 3 Desember 2019‘n Sweefstokarties maak gereed vir sy heel laaste optrede. Karl was die land se heel voorste en gewildste kunstenaar in hierdie ysere dissipline. Tot tien jaar gelede... Vandag probeer hy wéér dieselfde toertjie, sowat twintig meter bokant die grond en sonder ‘n net. Hy word egter kort voor sy optrede deur iemand besoek wat hom met sy verlede konfronteer.
-
DEURnis 2 – Student deur Braam van der Vyver
Maandag 2 Desember 2019Sonja werk al vir agt jaar lank in Potchefstroom se gastehuise. Haar ouers dink sy swot met prestasiebeurse, en stuur steeds elke maand sakgeld. Volgens haar studeer sy menslike bewegingskunde. Daar is baie dinge wat sy vir haarself hou. Tot sy saam met iemand in ‘n gastehuis begin drink... Toé begin sy praat. Slegs vir volwassenes.
-
DEURnis 1 – Bloos deur Johann Smith
Sondag 1 Desember 2019Barend ontmoet iemand deur die gewilde toep Tinder en nooi haar na sy hotelkamer vir ‘n diskrete afspraak. Dit is nie iets wat jy van Barend sou verwag nie. Inteendeel, van Barend word nét die beste verwag. Sy hele lewe lank het hy die samelewing se verwagtings van hom oortref. Maar gaan die aand verloop soos hy dit beplan het? ‘n Teer drama met ‘n roerende wending. Slegs vir volwassenes.
-
Geestesgesondheid 26 November 2019
Dinsdag 26 November 2019Christelle Webb-Joubert praat met maatskaplike werker Riana Hugo oor boelies. Hoe help jy jou kind as hy of sy afgeknou word?
-
Oranjerivier Wynkelder-uitstalling
Dinsdag 26 November 2019Christelle Webb-Joubert gesels met Wendy Scott van die Oranjerivier Wynkelder in Upington, oor hulle eerste kunsuitstalling.
-
Jack and the Beanstalk
Dinsdag 26 November 2019Germandt Geldenhuys vertel van Jack and the Beanstalk, vanjaar se pantomime in Johannesburg.
-
Lizamore & Associates se nuwe galeryspasie
Dinsdag 26 November 2019Christelle Webb-Joubert gesels met Teresa Lizamore van die Lizamore & Associates kontemporêre kunsgelary in Johannesburg oor hulle nuwe kleiner spasie, en hulle toekomsplanne.
-
Wit leuns en lastige waarhede
Dinsdag 19 November 2019Christelle Webb-Joubert besoek die uitstalling, Wit leuens en lastige waarhede, by die Tina Skukan-galery in Pretoria en gesels met die kunstenaars Piet Grobler, Marinda du Toit en Corné Joubert.