Nou op die lug

Oggendstemming

05:00-06:55

Interaktief

Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Jamie Arnoldus

  • Kompas 4 Augustus 2020
    Dinsdag 4 Augustus 2020

    Jamie Arnoldus praat met Almaret Du Toit, Ebrahim Peck en dr. Glynis Schreuder, hoofonderwyskundiges verantwoordelik vir kurrikulumontwikkeling by die Wes-Kaapse onderwysdepartement, oor die aanpassings wat die hulle moes maak het om te verseker dat onderrig steeds voortgaan vir alle grade tydens die gendeltydperk.

  • Kompas 3 Augustus 2020
    Maandag 3 Augustus 2020

    Jamie Arnoldus gesels met Zilke Bal, n 21-jarige gholfspeler van Bellville in die Wes-Kaap, wat onlangs gekies is vir die S.A. Universiteitespan wat in Taiwan sou deelneem aan die Universiteite Spele. Dit is egter afgestel as gevolg van die Covid-19-pandemie. Jamie praat ook met William Sezoe, n eerstejaar onderwysstudent aan die Universiteit Stellenbosch. William het in 2019 twee toekennings ontvang, waaronder n Afrikaanse Taalraad Koker vir die bevordering van Afrikaans onder die jeug. William vertel van sy passie vir sy taal.

  • Kompas 14 Julie 2020
    Dinsdag 14 Julie 2020

    Jamie Arnoldus praat met Anina Lundie, die Seniorkurrikulumbplanner vir Skeppende Kunste by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor die belangrikheid en uitvoering van di vak tydens die inperking.

  • Kompas 13 Julie 2020
    Maandag 13 Julie 2020

    Jamie Arnoldus gesels met Charlissa Schultz, 'n Graad 12-leerder aan die Horskool Langenhoven in Oudtshoorn, wat in Februarie aan die Suid-Afrikaanse Omniumkampioenskappe deelgeneem het, en toe as die SA-kampioen gekroon is. Gerduan Kemp, 'n jong sanger en liedjieskrywer van Bloemfontein, kuier ook saam.

  • Kompas 7 Julie 2020
    Dinsdag 7 Julie 2020

    Carlyn Oppelt, die Graad 12 Lewenswetenskappe Departementshoof van die New Orleans Sekondre Skool in die Paarl, doen hersiening van die menslike voortplantingstelsel. Sy fokus op die organe wat belangrik is vir voortplanting, en die belangrikheid van die menstruele siklus.

  • Kompas 6 Julie 2020
    Maandag 6 Julie 2020

    Jamie Arnoldus gesels met Jooste Nel, n leerder aan die Horskool Montana in Pretoria, wat in 2021 vir die Franse rugbyklub, Agen, gaan speel. Karmen Wiid, n 19-jarige digter van Pretoria wat ook n Geesteswetenskappestudent is aan die Universteit Stellenbosch, vertel van haar eerste roman wat gepubliseer is toe sy 12 jaar oud was. Sy het in Junie vanjaar haar eerste digbundel gepubliseer.