Nou op die lug

Oggendstemming

05:00-06:30

Interaktief

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Eloise Pretorius

  • RSG Landbou 4 April 2020
    Saterdag 4 April 2020

    Die Jakes Gerwel Tegniese Skool in Bonnievale het in weerwil van vele uitdagings sy deure drie jaar gelede geopen. Vandag gee dit honderde kinders in die omgewing kans om praktiese onderrig te ontvang op n plek waar passievolle onderwysers leef om die gemeenskap te dien.

  • RSG Landbou 3 April 2020
    Vrydag 3 April 2020

    Die Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, deel belangrike datums op die landboukalender. Dr. Mogale Sebopetsa, hoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor n nasionale inisiatief vir boere. Michelle de Lange van die Melkprodusentevereniging s sy is aangenaam verras deur onlangse innovasies in die sektor waaroor sy graag verslag doen in die MPO se maandelikse publikasie, The Dairy Mail, waarvan sy redakteur is. GraanSA se Toit Wessels bespreek al die nuwighede waarna ons kan uitsien by vanjaar se Nampo-geleenthede, wat later vanjaar plaavind.

  • RSG Landbou 28 Maart 2020
    Saterdag 28 Maart 2020

    Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van AgriSA, is hy aangewys as deel van n spesiale taakspan wat deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangestel is om kwessies wat met Covid-19 verband hou, aan te pak. Hy gesels oor die uitdaging en die oplossings wat hiermee te doen het in landbou.

  • RSG Landbou 27 Maart 2020
    Vrydag 27 Maart 2020

    Ons gesels oor die toekoms van hommeltuie in die landbou met Arie van Raavenswaay, die Assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie Ontwerp en Oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Volgens hom kan gewone tegnolgie, soos bestaande kameras, ook suksesvol ingespan word om vele landbou-funksies te verrig. Spesialis-voorligter in akwakultuur by dieselfde departement, Ferdie Endemann, verduidelik waarom nuwe toetreders nie onverstaanbare wetgewing hoef te vrees nie, en dat ondersteuning maklik bekombaar is vir plaaslike akwaboere.

  • RSG Landbou 21 Maart 2020
    Saterdag 21 Maart 2020

    De Fynne-kwekery net buite die Paarl is waar landbouer Jacky Goliath met lewenslustigheid haar take aanpak. By haar besigheid pluk sy self vandag die vrugte van vele seisoene se vasbyt, en is sy n voorbeeld vir vele ander.

  • RSG Landbou 20 Maart 2020
    Vrydag 20 Maart 2020

    Eloise Pretorius kyk na die beveiliging van landbougemeenskappe teen die Coranavirus. Dr. Beth Engelbrecht is die hoof van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, en gesels saam op die program. Belangrike inligting en nuttige nommers word gedeel, terwyl van jou vrae oor die virus beantwoord word.

  • RSG Landbou 14 Maart 2020
    Saterdag 14 Maart 2020

    Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch. Eloise Pretorius vind meer uit oor toekomskos en voedsel wat deur middel van 3D-drukkers vervaardig word. Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels oor interessante verskynsels in voedseltegnologie.

  • RSG Landbou 13 Maart 2020
    Vrydag 13 Maart 2020

    Die plaaslike slakbedryf is stadig maar seker besig om momentum op te bou, volgens deeltydse slakboer, Wihan Coetser. Daar is ook groot belangstelling in die bevordering van die slakbedryf. Eloise Pretorius vind meer uit van die geleenthede vir ontluikende slakboere. Phyllis Pienaar is distriksbestuurder van Landcare in die Sentraal-Karoo. Haar werk as biotegnikus sluit onder andere n projek in wat te make het met die opgradering van grensheinings in die omgewing waar sy werk. Sy vertel meer hieroor.

  • RSG Landbou 7 Maart 2020
    Saterdag 7 Maart 2020

    Die eerste renbuie in meer as nege jaar het onlangs plek-plek in die Noord-Kaap uitgesak. Eloise Pretorius het plase in die provinsie besoek om te hoor hoe boere in die droogte oorleef. Op haar reis het sy ook kennis met mense gemaak wat kreatiewe skenkingsaksies begin het om boere en diere in di dorre provinsie by te staan.

  • RSG Landbou 6 Maart 2020
    Vrydag 6 Maart 2020

    Volgens Vinpro se Conrad Schutte is 2020 se wyndruiwe-oesskatting groter as di van verlede jaar. Ons vind ook uit hoe lank laatkultivars aan die wingerd hang voor dit gepars word. n Bekroonde Namibiese kleinveeboer, Pieter van Schalkwyk, deel sy wenresep nadat hy as Kleinveeprodusent van die Jaar in sy tuisland aangewys is. Ondanks die droogte, kon van Schalkwyk sy produksiewins die afgelope drie jaar verhoog. Hy vertel hoe hy dit reggekry het.