EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Jody Hendricks

  • JJ Harmse
    Woensdag 16 Januarie 2019

    'n Nuwe insetsel op RSG Sport is waar Jody Hendricks kyk na 'n loopbaan in sport, nie die sportmanne en vroue nie, maar die mense wat agter die skerms werk. In die eerste gesprek, praat hy met JJ Harmse, die Blitzboks se mediabestuurder, oor sy loopbaan in sport.

  • Desiree Ellis
    Vrydag 11 Januarie 2019

    Die afrigter van Banyana, Desiree Ellis, is onlangs aangewys as die vroue-afrigter van die jaar nadat sy die span tot in die eindstryd van die Vroue Afrikanasiesbeker geneem het, en sodoende ook vir die Węreldbeker in Frankryk gekwalifiseer het. Sy het kort nadat sy haar toekening ontvang het, met Jody Hendricks gepraat.

  • Praat saam 11 Januarie 2019
    Vrydag 11 Januarie 2019

    Die afgelope tyd was daar twee misdade waar bekendes betrokke was. In November is die voormalige Springbokhaker, Naka Drotske, op ‘n kleinhoewe buite Pretoria geskiet. En ‘n veiligheidswag het op Ou aarsdag in die Vereeniging Landdroshof verskyn nadat hy na bewering 'n 61-jarige man van Meyerton, suid van Johannesburg, doodgeskiet het. Daniël van Heerden was die pa van die voormalige weltergewigkampioen van die Internasionale Boksvereniging, Chris van Heerden. Jody Hendricks praat met Naks Drotske en Chris van Heerden oor die impak wat die voorvalle op hulle lewe gehad het.

  • 2018 Sokker Wêreldbekerhoogtepunte
    Saterdag 29 Desember 2018

    Jody Hendricks kyk terug na die hoogtepunte by vanjaar se Sokker Węreldbekereindtoernooi.

  • Powell oor Kaapstad Sewes
    Woensdag 5 Desember 2018

    Die afrigter van die Blitsbokke, Neil Powell, sę hy is tevrede met sy span se voorbereiding vir die Kaapstad Sewestoernooi wat die naweek plaasvind. Hy sę vanjaar se toernooi gaan moeilik wees, veral omdat van die ander spanne baie verbeter het. Die Blitzbokke kom Saterdag in die groepfase te staan teen Samoa, Zimbabwe en Nieu-Seeland . Hy het met Jody Hendricks gepraat.

  • Freek Burger oor Rassie se gesprek met Duane Vermeulen
    Maandag 26 November 2018

    Springbokafrigter Rassie Erasmus het Saterdag tydens die toets teen Wallis, deur middel van ‘n gehoorstuk, met agsteman Duane Vermeulen gepraat. Dit het groot omstredenheid veroorsaak. Jody Hendricks het by voormalige skeidsregter Freek Burger gaan aanklop om meer duidelikheid hieroor te kry.

  • Corne Krige oor Bokke se wedstryd teen Wallis
    Donderdag 22 November 2018

    Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het geen veranderings aan sy beginspan teen Skotland gemaak vir Saterdag se toets teen Wallis nie. Dis die eerste keer sedert hy die Springbokke begin afrig het, dat hy nie `n verandering aan sy beginspan maak nie. Op die plaasvervangersbank vervang `n fikse Eben Etzebeth vir Lood de Jager. Etzebeth het `n kuitbesering in die toets teen Engeland opgedoen, maar is nou weer reg. Die toets teen Wallis is die Bokke se laaste toets van hulle Europese toer, en ook die laaste vir die jaar. Jody Hendricks het met die voormalige Bokkaptein, Corne Krige, oor die wedstryd teen Wallis gepraat.

  • Praat saam 15 November 2018
    Donderdag 15 November 2018

    Regter Rosheni Allie het vroeër vandeesweek drie mans in die Kaapse Hooggeregshof elk tweekeer lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op die 21-jarige Matie, Hannah Cornelius. Cornelius en 'n vriend, Cheslin Marsh, is deur vier mans ontvoer waar hulle in Mei verlede jaar naby die kampus in haar motor gesit het. Sy is herhaaldelik verkrag en later vermoor, terwyl Marsh beroof, aangerand en vir dood agtergelaat is. Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk is weens aanklagte van verkragting, ontvoering, moord en poging tot moord gevonnis. Nashville Julius het 22 jaar tronkstraf gekry op aanklagte van ontvoering en roof met verswarende omstandighede. Die regter het in haar uitspraak gesę nie een van die beskuldigdes het enige berou vir hulle dade getoon nie, wat onberekenbare skade aangerig het aan die betrokke families en die hele gemeenskap van Stellenbosch. Watter impak het geweld en geregtigheid op slagoffers?

  • Errol Tobias oor Doc Craven
    Saterdag 13 Oktober 2018

    Suid-Afrika se bekendste rugbyadministrateur, Danie Craven, sou vanjaar op 11 Oktober 108 jaar oud geword het. Hy het vir die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie, Noord-Transvaal én die Springbokke uitgedraf. Jody Hendricks het met Oudspringbok Errol Tobias gepraat oor hoe hy Doc Carven onthou, en die rol wat Craven in sy loopbaan gespeel het.

  • Julian Redelinghuys oor die nekbesering wat sy rugbyloopbaan beëindig het
    Woensdag 10 Oktober 2018

    Die All Black-flank, Sam Cane, se deelname aan aanstaande jaar se Węreld¬bekertoernooi is in die weegskaal nadat hy Saterdag in die 35ste minuut van die wedstryd teen die Springbokke, sy nek gebreek het. Hy het lank roerloos bly lę voordat hy die veld minute later wankelrig verlaat het. Jody Hendriks praat oor die impak wat so ‘n besering op jou lewe kan hę, met die voormalige Springbokstut Julian Redelinghuys, wat in 2016 weens ‘n nekbesering moes ophou rugby speel.