Nou op die lug

Nic se goed

12:00-13:00

Interaktief

Epos

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Lise Roberts

  • RSG Landbou 4 Junie 2020
    Donderdag 4 Junie 2020

    Reën in die Wes-Kaap het op ‘n kritiese tyd vir wintergraanprodusente gekom. Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap praat oor landboutoestande in dié provinsie. Ede Farming hou op 9 Junie hulle eerste aanlynveiling en boeredag. Wêreldomgewingsdag word op 5 Junie gevier. Bonné de Bod praat oor vanjaar se tema én renosterstroping tydens die inperking.

  • RSG Landbou 3 Junie 2020
    Woensdag 3 Junie 2020

    Jaco Maas van BKB gesels oor digitale platforms, en hoe die Suid-Afrikaanse boer by tegnologie aanpas. Op 1 Junie vanjaar het Henry Kotzé as hoofwynmaker by Mulderbosch begin werk. Ons gesels met hom oor sy loopbaan. En Yolandé Roodt is op haar pos met nuus oor die jongste wolpryse wat by die onlangse wolveiling op Port Elizabeth behaal is.

  • RSG Landbou 2 Junie 2020
    Dinsdag 2 Junie 2020

    Dr. Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad praat oor stygende voedselpryse. Annelie van Deventer van Feedtek het raad oor die veldafronding van kalwers. En Hennie Maas gesels met Stan Jerling oor die geskiedenis van die trekker.

  • RSG Landbou 1 Junie 2020
    Maandag 1 Junie 2020

    ‘n Vrug wat tans volop op winkelrakke beskikbaar is, is pere. Conrad Fick van Tru-Cape gesels oor peerkultivars, en die navorsing en bemarking van dié vrug. Een van die kostebesparingsmeganismes van besighede tydens Covid-19, is personeelvermindering. Advokaat Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie vertel wat die wet hieroor stipuleer. Omri van Zyl van Agri SA gesels oor die stand van landbou, en dr. Adri Drotskie van Henley Sakeskool praat oor landbou-bestuursopleiding.

  • RSG Landbou 28 Mei 2020
    Donderdag 28 Mei 2020

    Boere van die Gamtoosvallei is afhanklik van water uit die Kougadam. Rienette Coleske van die Gamtoos-besproeiingsraad praat oor die stand van sake. Koue het groot dele van die land hierdie week getref, en Johan van den Berg praat hieroor asook oor verdere weervooruitsigte. Ons gesels ook met Praveen Dwarika van Lemang Landboudienste oor die opleiding en ontwikkeling van nuwe-era tabakprodusente.

  • RSG Landbou 27 Mei 2020
    Woensdag 27 Mei 2020

    Gerdie Landman is in landboukringe bekend vir sy koeihotel. Hy het van kleintyd af ook ‘n groot belangstelling in wedvlugduiwe. Hennie Maas gesels met hom hieroor. Ons kyk na die wolpryse wat by die onlangse veiling in Port Elizabeth behaal is. En Frans Jacobs van die Suid-Afrikaanse Model-trekkervereniging praat oor dié stokperdjie en oor lidmaatskap van die organisasie.

  • RSG Landbou 26 Mei 2020
    Dinsdag 26 Mei 2020

    Stefan van der Merwe, ‘n forelboer van die Lydenburg-omgewing, prat oor die uitdagings van hierdie soort boerdery. Stan Jerling is weer aan die woord oor die geskiedenis van die trekker. Ons vind meer uit van die Landbounavorsingsraad se Departement Grond, Klimaat en Water. Dr. Gary Paterson van die Landbounavorsingsraad vertel watter dienste hulle lewer, en watter navorsing op hulle agenda is.

  • RSG Landbou 25 Mei 2020
    Maandag 25 Mei 2020

    Dr. André Jooste van Aartappels Suid-Afrika praat oor die stand van dié bedryf. Nick Serfontein van die Sernick-groep vertel hoe hy by landbou betrokke geraak het. Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer, praat oor hulle onlangse hulp aan boere in nood weens die droogte. En dr. Elsje Pieterse van die Universiteit Stellenbosch vertel van insekboerdery en die navorsing waarmee hulle besig is.

  • RSG Landbou 21 Mei 2020
    Donderdag 21 Mei 2020

    Die verbod op alkoholverkope weens die Covid-19-inperking het ‘n enorme impak op die wynbedryf in Suid-Afrika. Rico Basson van Vinpro praat hieroor. Ons vind meer uit van die oudste besproeiingstonnel in Suid-Afrika. Johan van den Berg gesels weersake, en Chris Derksen is op sy pos met nuus oor vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

  • RSG Landbou 20 Mei 2020
    Woensdag 20 Mei 2020

    In die huidige ekonomiese klimaat het talle werkgewers geen keuse as om werknemers te ontslaan nie. Johan Taljaard van VDT-prokureurs praat hieroor. 20 Mei is Wêreld Metrologiedag, en dr. Wynand Louw verduidelik wat metrologie vir die landbou beteken. Te midde van die fokus op Covid-19, is daar steeds boere en landbougemeenskappe wat onder erge droogte gebuk gaan. Ons gesels met Derick Hanekom van die Sutherland-omgewing hieroor.