Interaktief
SMS:45770
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
Aanbieders
Johan van Lill
-
Ons en die onderwys 24 Februarie 2019
Sondag 24 Februarie 2019Johan van Lill kyk na ’n projek wat fokus op ondersteuning en ontwikkeling van skoolhoofde. Sedrico Husselman is pas terug van oorsee waar hy Engels gegee het. Hy deel sy ervarings, en gesels ook oor die Funda-bundel wat die SBA gratis aan skole versprei om lees- en leervaardighede te ontwikkel.
-
Groeipyne 21 Februarie 2019
Donderdag 21 Februarie 2019Johan van Lill praat met Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut, oor hoe gemaak met jou uiters sensitiewe kind. Hierdie kinders ervaar inligting vanuit hulle omgewing baie meer intens as ander kinders, en dit het ’n invloed op hulle gedrag en hoe hulle op sekere situasies reageer.
-
Die voordele van eierwit
Dinsdag 19 Februarie 2019Johan van Lill gesels met Marion Holm en Margit Meyer-Rodenbeck oor die KKNK-produksie, Die voordele van eierwit.
-
Tien duisend ton
Dinsdag 19 Februarie 2019Johan van Lill woon ‘n repetisie van Tien duisend ton by. Dit is te sien by die Woordfees.
-
Die geheime van die brein 18 Februarie 2019
Maandag 18 Februarie 2019Hoeveel ure behoort ons te slaap? Wat is ’n goeie slaaphigiëne, en hoekom sukkel baie mense om te slaap? Wat is drome, en hoekom droom ons?
-
Ons en die onderwys 17 Februarie 2019
Sondag 17 Februarie 2019Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe onderwysers koelkop kan bly wanneer kinders hulle uittart en uitdagende gedrag toon. Tans word daar oor baie voorvalle in die media berig waar onderwysers reageer op maniere wat tot ontslag lei, omdat hulle nie in moeilike situasies gereguleerd kan optree nie.
-
Groeipyne 14 Februarie 2019
Donderdag 14 Februarie 2019Johan van Lill praat met pastorale berader Fanie Kriel oor hoe om Valentynsdag met jou kinders te hanteer. Hoe gemaak met eerste liefde, gesprekke oor seksualiteit en as my kind dalk nie ’n Valentynsdagkaartjie of -presentjie gekry het nie.
-
-
-
Die geheime van die brein - Episode 6
Maandag 11 Februarie 2019Wat veroorsaak die skielike verandering in tieners se gedrag? Watter rol speel die skielike toename in verbindings in die voorste gedeelte van die brein, die prefrontale korteks, in tieners se gemoed en gedrag?