Interaktief
SMS:45770
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
Aanbieders
Johan Rademan
-
Toerismebestuur
Saterdag 23 Februarie 2019Toerisme strek veel verder terug in die geskiedenis as wat ons dink, en is ook meer omvattend as op die oog af. Teorie en praktyk is ewe belangrik. Johan Rademan gesels hieroor met Gwen Haremsen, hoof van die Departement Toerisme en Gasvryheidsdienste by die Tygerbergkampus van North Link Kollege.
-
Toerismeopleiding
Saterdag 23 Februarie 2019Johan Rademan gesels met André Kilian oor die werk van die SA Kollege vir Toerisme op Graaff-Reinet. Een uit 20 elke werksgeleenthede in Suid-Afrika hou direk verband met toerisme, en een werker in die veld sorg vir vyf ander om hulle. Gasvryheid, Spoorsnyopleiding en Veewagtery word aangebied by die Kollege. As gevolg van die inheemse kennis hier, het Australië hulle genader om opleidingsmateriaal en programme te bekom wat gebaseer is op Suid-Afrikaanse ondervindings.
-
Sauvignon Blanc
Vrydag 22 Februarie 2019Emile Joubert vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Nieu-Seeland se sukses met Sauvignon Blanc, en wat Suid-Afrika by hulle kan leer.
-
Bowie op Barokkitaar
Vrydag 22 Februarie 2019Jan-Hendrik Harley vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van David Bowie as musiekikoon, en speel verwerkings van sy musiek op ‘n barokkitaar.
-
Seun kry pa se Tweede Wêreldoorlog-memorabilia
Donderdag 21 Februarie 2019Albert Hills vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Tweede Wêreldoorlog-memorabilia wat hy van sy pa, O.J. Hills, ontdek het. Hy deel ook ‘n gedig wat sy pa geskryf het na afloop van die slag van Sidi Rezegh.
-
Kaapse Karnavallers bekoor Hongkong
Donderdag 21 Februarie 2019Shereleen January , Shannon Roode en Chanté Wildeman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van hulle ervaring toe die Kaapstad Karnaval op uitnodiging deelgeneem het aan Hongkong se vieringe van die Chinese Nuwejaar.
-
Zak Hendricks
Donderdag 21 Februarie 2019Zak Hendricks vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die verskillende kreatiewe hoede wat hy dra. Ons hoor ook van sy donkieboerdery.
-
Johanna Florida Witbooi se storie van hoop
Woensdag 20 Februarie 2019Johanna Florida Witbooi van Lavender Hill vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy haar storie van alkohol- en dwelmverslawing in haar familie deel om ander mense in soortgelyke omstandighede weer 'n doel in die lewe te gee.
-
Township-ekonomie
Woensdag 20 Februarie 2019Hannes Heyns vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe mense in die Township-ekonomie hulle geloofwaardigheid kan bewys en verbeter deur aanlynrekordhouding.
-
Kry só 'n tweede paspoort
Woensdag 20 Februarie 2019Sandra Woest vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe mens te werk moet gaan gaan as jy 'n tweede paspoort wil bekom.