Interaktief

EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Suzanne Paxton

  • So werk nuwe belasting vir expats
    Donderdag 16 Januarie 2020

    Wysigings aan die Belasting Wet wat van toepassing is op mense wat in die buiteland werk, sal op 1 Maart vanjaar in werking tree. 'n Belastingkenner van Mazars, Elzahn Henn verduidelik hoe die wysigings gaan werk.

  • Microsoft ondersteun nie meer Windows 7 nie
    Woensdag 15 Januarie 2020

    Microsoft het aangekondig dat hulle nie meer die Windows Sewe werksisteem ondersteun nie. Die diens is gister opgeskort. Verskeie kuber sekuriteit-spesialiste het mense aangemoedig om maar eerder hulle sisteme so gou moontlik op te gradeer. Maar wat is die implikasies vir die gebruiker? Ons praat nou met Professor Basie von Solms, direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir KUBERSEKERHEID.

  • SA vrou vertel van ervaring tydens brande in Australië
    Donderdag 9 Januarie 2020

    Angeline Mulder is 'n oud Suid-Afrikaner, en sy en haar gesin moes voor die brande vlug, voordat die plaas waarop hulle woon en werk, verswelg is. Angeline het vanuit AustraliŽ met Monitor oor die vreesaanjaende ervaring gepraat. Die treurspel is egter nie oor nie, en hier is die res van haar storie...

  • Kenner praat oor matriek 2019
    Woensdag 8 Januarie 2020

    Matrieks kry vandag hulle uitslae by die skole waar hulle geskryf het. Die Onafhanklike Eksamenraad het intussen gister reeds die matriekuitslae van privaatskole bekendgemaak. Die 2019-slaagsyfer is 98,82%, en het effens gedaal. Amper 12-duisend voltydse en 779 deeltydse kandidate het die eksamen geskryf, en al die kandidate se slaagsyfers voldoen aan die vereistes om verder te kan studeer. Dr. Francois Naudť, 'n benoemde onderwyser en navorsingsvennoot aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Onderwyspraktyknavorsing deel sy gedagtes oor die uitslae.

  • Suid-Afrikaner vertel van vlamme-hel in Australië
    Woensdag 8 Januarie 2020

    Die brande in AustraliŽ woed steeds onverpoos voort. Die veldbrande woed tans oor 'n gebied van 300,000 hektaar en droŽ en warm weerstoestande maak die bestryding daarvan byna onmoontlik. Angeline Mulder is 'n oud Suid-Afrikaner en sy en haar gesin moes voor die brande uitvlug voor dit die plaas waarop hulle woon en werk, verswelg het. Angeline het vanuit AustraliŽ met Monitor oor die vreesaanjaende ervaring gepraat.

  • Grootvlei-tronkvideo
    Dinsdag 7 Januarie 2020

    Op 18 Junie 2002 het die SAUK se ondersoekende nuus program, Special Assignment, beeldmateriaal uitgesaai wat in die geheim deur 'n groep gevangenes by die Grootvlei tronk naby Bloemfontein opgeneem is. Die videomateriaal het gewys hoe bewaarders bottels brandewyn saam met gevangenes in hulle selle drink, en hoe korrektiewe dienste personeel dwelms, vuurwapens en ammunisie aan gevangenes verkoop. Die gebeure wat die 'Grootvlei video' oopgevlek het, is steeds van die berugste in die geskiedenis van Suid-Afrika se reg- en korrektiewe dienste stelsels. Dit word regoor die wereld gebruik as 'n voorbeeld van die korrupsie wat kenmerkend is van baie lande se gevangenisse. Dirk Malan is vandag 'n 57-jarige prokureur en beklee 'n bestuursposisie by een van Suid-Afrika se voorste privaathospitaalgroepe. Maar in 2002 was hy besig om 'n vonnis van agt jaar vir gewapende roof by Grootvlei uit te dien. In vandag se bydra in ons reeks oor Malan se merkwaardige lewe, vertel hy vir die eerste keer aan Darren Taylor die "storie agter die storie" van die Grootvlei video en die "chaos" wat die voorval voorafgegaan het.

  • Extinction Rebellion praat oor klimaatsverandering
    Maandag 6 Januarie 2020

    Ons het Vrydag op Monitor met die entomoloog Prof Erik Holm oor klimaatsverandering gepraat. Die onderhoud het nogal uiteenlopende reaksie ontlok, en ons het die potgooi daarvan op RSG se webblad gesit. Maar ons sit die geprek vanoggend voort. Die omgewingsaktivismegroep Extinction Rebellion sÍ die afgelope jaar se vreemde weersomstandighede kan met klimaatsverandering verbind word. MariŽtta Kruger het met Andrť Clements, 'n lid van Extinction Rebellion, gepraat.

  • Die Nlodvu Jeugkoor se verhaal
    Dinsdag 24 Desember 2019

    Net soos die Springbokke se oorwinning in die WÍreldbeker die land se verbeelding aangegryp het, het die Ndlovu Jeugkoor op die internasionale verhoog, Suid-Afrikaners se verbeelding aangegryp. Die Ndlovu koor het ook daarin geslaag om die land saam te snoer as 'n eenheid - net soos die Springbokspan. Suzanne Paxton, aanbieder van SAUK nuus se nuusaktualiteitsprogramme op RSG, Monitor en Spektrum het die geleentheid gehad om die Ndlovu jeugkoor se storie te volg. Die koorleiers, Ralf Scmit het vroeer gesÍ: "Nooit sou hulle dink dat 'n uitnodiging om aan die Amrica's Got Talent kompetisie deel te neem, almal se lewens so sou verander nie. " Dit nadat hy aanvanklik gedink het die uitnodiging is 'n grap.

  • Boer maak hart oop na droogtehulp
    Vrydag 6 Desember 2019

    'n Skrywe van 'n bokboer in Witsand in die NoordKaap - het sosial -media gebruikers se harte aangegryp. Die Boer, Hennie Le Roux trek ook swaar aan die droogte juk wat op sy skouers rus. Hennie het vroeŽr die week droogtehulp ontvang en op Facebook sy gevoel en dankbaarheid oor die hulp neergepen. Die skrywe is binne 'n dag meer as 2000 keer op Facebook gedeel, meer as 900 mense het kommentaar gelewer en meer as drie en 'n half duisend mense het op die skrywe gereageer. Dit is wat Hennie geskryf het in sy eie woorde.

  • Transnet-pensioenarisse kry 'n bonus
    Woensdag 4 Desember 2019

    Transnet se pensioenarisse sal vandeesmaand 'n bonus van R10,000 ontvang in terme van 'n skikkingsooreenkoms wat onderteken is. Advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus verduidelik...