EposTwitter

Aanbieders

TERUG NA AANBIEDERS

Suzanne Paxton

  • Ontbossing lei tot oorstromings in Mosambiek
    Dinsdag 9 April 2019

    'n Onlangse studie toon dat groot dele van Mosambiek se flora gestroop word, en dit lei weer tot meer rampspoedige oorstromings. 'n Omgewingskundige van die Noordwes Universiteit, Prof Juane Cilliers, s bome en plante help om erosie te voorkom, en om oorstromings te beperk. Sy s ontbossing veroorsaak dat die afvloei van reenwater versnel...

  • "African Greys" nou hoogs bedreig na Cites besluit
    Vrydag 5 April 2019

    Die Seychelle het onlangs aangekondig dat hy uiteindelik onslae geraak het van die Ringnek parakiet, wat 'n indringer spesie op die eiland is. In Suid-Afrika is die Ringnek Parakiet ook 'n indringer spesies en moet jy 'n permit h om hom te kan aanhou s Ben Minnaar die voorsitter van die Pappagaaitelersvereniging van Suider Afrika, PVSA. Minnaar s hulle is egter veel meer bekommerd oor die getalle van die Kongolese grys pappagaai of soos hy bekend staan die African Grey in die natuur. Minnaar s nadat die besluit geneem is deur Cites by die 17de Konferensie van die partye wat in SANDTON gehou is dat die vol op bylaag een moet wees, het stropery in die natuur toegeneem.

  • Weermag steeds besig met redding in Mosambiek na Sikloon Idai
    Maandag 1 April 2019

    'n Video van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat mense uit bome en van dakke af red in Mosambiek wat tans die ronte doen op sosiale media is 'n ou video en nie een wat tans weerspiel wat in die land aangaan na die oorstroomings wat veroorsaak is deur sikloon Idai nie. Spektrum kon Kolonel Itel Zurick in Beira opspoor en vinnig met hom praat oor wat tans aan die gang is. Zurik vertel dat die toestande waaronder hulle werk baie soortgelyk is aan dit wat in die video wat tydens die vloede in 2000 geneem is, vertoon word.

  • Rentekoers sal onveranderd bly meen kenner
    Woensdag 27 Maart 2019

    Die Reserwebank sal mre sy besluit oor rentekoerse aankondig. Meeste ekonome is dit eens dat rentekoerse onveranderd gelaat sal word. Ian Scott van Momentum beleggings s sou die Reservebank egter rentekoerse verhoog sal die land se skuld duurder raak en dit sal 'n direkte impak op Suid-Afrikaners se sakke h.

  • Afrika Perdesiekte in verskeie provinsies aangemeld
    Dinsdag 19 Maart 2019

    Afrika perdesiekte is in 'n hele aantal provinsies aangemeld. Di hoogs aansteeklike siekte word deur 'n virus in vliende insekte soos muggies versprei, en tas perde, donkies en muile aan. Verlede jaar is minstens 110 voorvalle van Afrika perdesiekte in Suid-Afrika aangemeld. Boere word aangeraai om alle gevalle aan die staats-veearts te rapporteer om te verseker dat ingeligte besluite geneem kan word. Suzanne Paxton het met 'n kenner van die organisasie South African Equine Health and Protocols, dr. John Grewar, gepraat.

  • KAMPIOEN PAMPOEN VAN OOR DIE 600kg
    Dinsdag 12 Maart 2019

    Die wenner van die Wes-Kaap se Groot Pampoenkompetisie in Heidelberg is die afgelope naweek gekroon. Jacob du Plessis van die Vyeboom-gebied in Villiersdorp se pampoen van 'n allemintige 601,8 kilogram het die titel van kampioen-pampoen by di kompetisie weggeraap. Annelu le Roux het meer...

  • Doktor red man se lewe met 'n knipmes en 'n marinade naald
    Vrydag 22 Februarie 2019

    In 'n reddingspoging wat eerder klink soos 'n toneel uit die eerstydse Macgyver televisie reeks het 'n sjirurg en sy vrou 'n man se lewe gered. Die motorfietsryer was in 'n botsing betrokke. Dr Wimpie Odendaal 'n sjirurg by Netcare Blaauwberg en sy vrou dr Christa de Witt Odendaal van Intercare Blaauwberg was met vakansie in Port Elizabeth in Desember toe hulle op die ongelukstoneel afgekom het. Die Odendaal egpaar het aan Spektrum vertel hoe die man se toestand eweskielik versleg het en Dr Odendaal, op sy knie in die middel van die straat 'n keuse moes maak tussen lewe en dood....

  • SASA teleurgesteld oor suikerbelasting verhoog is
    Donderdag 21 Februarie 2019

    Die Suid-Afrikaanse Suiker Vereniging s hy is teleurgesteld dat daar 'n toename sal wees in die Gesondheids- Bevorderings- Heffing of die sogenaamde suikerbelasting. Die uitvoerende hoof van die vereniging Hans Hackman s met die voorgestelde heffing skat hulle dat die vraag na suiker met 200 000 ton per jaar sal daal.

  • ESKOM ontbondelingsplan niks nuut nie sê kenner
    Dinsdag 12 Februarie 2019

    'n Senior navorser by die Energie Navorsings-sentrum by die Universiteit van Kaapstad Hilton Trollip s, hy kan nie verstaan hoekom die president s hy is verras oor die beurtkrag wat nou ingestel is nie. Trollip s Eskom betaal nou vir sy besluit om 'n destydse opdrag van oud-president Thabo Mbeki te ignoreer.

  • Onderwyser word op sosiale media geboelie oor haar klere
    Maandag 11 Februarie 2019

    Nog 'n onderwyseres bevind haar midde 'n sosiale media storm. Dit na fotos van haar by die skool op sosiale media versprei is. In die twiet s die twitter gebruiker Lufuna Mathoni, aan die LUR vir onderwys in Gauteng, Lesufi Phanyaza dat sy departement dit moeilik maak vir kinders om skool deur te kom. Dit met die verwysing na die juffrou se kleredrag. Twitter gebruikers versprei dan die fotos verder met kommentaar vir of teen haar. Lulu Menziwa reageer later in 'n video en vra dat mense haar moet uitlos, wat haar dan verder blootstel aan beledigings en snedige opmerkings. Elda de Waal die Waarnemende direkteur van EDURIGHT by die departement van opvoedkunde by die Noodwes Universiteit se Potchefstroom kampus s die klagte is nie op die regte platvorm bespreek nie. Sy s verder is baie skoolkinders se gesigte in van die fotos sigbaar en dit is 'n gevaarlike speletjies wat twitter gebruikers speel.