Koue kaiingsDie LingerfeldersOns KOLA-20 aksieplanCOVID-19: SA 23615 gevalle, 481 sterf, 11917 herstel

Koue kaiings

Luister Donderdagaand na dié radiodrama wat in die jare van diensplig in die 1970s afspeel.  Lees meer

Die Lingerfelders

Dié familiesage speel af in die Jakarandastad en is vol liefde en hoop. Dít is RSG se nuwe middagstorie, van Maandag 1 Junie, weeksdae om 14:45.  Lees meer

Ons KOLA-20 aksieplan

COVID-19 is besig om die wêreld te verander: Kom Ons Lewe Anders (KOLA) met ons KOLA-20 aksieplan.  Lees meer

COVID-19: SA 23615 gevalle, 481 sterf, 11917 herstel

26 Mei: Wêreldwyd >5,5 miljoen gevalle, >347000 sterf, >2,3 miljoen herstel.  Lees meer

Nou op die lug

Spektrum

13:00-14:00

Interaktief

Kompetisies

Dis bonusprysweek met die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek!

Dis bonusprysweek met die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek!

Met die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek kan jy ‘n verskil maak in die lewe van baie kinders wat swaarkry. Jy kan boonop groot pryse wen as jy so min as R30 skenk. ‘n KIA Picanto Start 1.0 ter waarde van R173,995 is die groot prys!

As jy van Maandag 25 Mei tot Donderdag 28 Mei ‘n R30 donasie maak, staan jy ‘n kans om die bonusprys van R5,000 kontant te wen, en ook in aaanmerking te kom om later vanjaar die motor te wen. Die wenner van die bonusprys word Vrydag 29 Mei aangekondig. 

Maak so: SMS* die woord KINDERS na 41511, dis ‘n donasie van R30. Hoe meer jy deelneem, hoe beter jou wenkans! Jy kan ook per EFT of Snapcan bydraes maak, Vir meer inligting hieroor besoek Beeld-Kinderfonds se webblad webblad by https://www.beeldkinderfonds.co.za/rsg-beeld-kinderfondsprojek/ of hulle Facebook-blad. Die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek duur tot November 2020.

* Let wel: Cell C gebruikers sal nie per SMS kan deelneem nie, omdat hierdie diensverskaffer nie premiumkoste-SMS'e gebruik nie.

Kry al die inlgiting wat jy nodig het by die COVID-19 Coronavirus Suid-Afrikaanse Hulpbronportaal by https://sacoronavirus.co.za/

Coronavirus-hulplyn: 0800-029-999
Coronavirus Whatsapp: 060-012-3456
Presidensiële hulplyn: 17737
SA Polisiediens: 08600-10111
Werkloosheidversekeringsfonds: 0800-030-007 www.ufiling.co.za
Meld onbehoorlike prysverhogings aan: 0800-141-880
Ondersteun klein besighede in nood: 0860-663-7867
Nasionale Krisislyn: 0861-322-322
Gesinsgeweld-, Kinderbeskerming- & Seksuele Oortredingseenheid: 0800-150-150
Geslagsgeweld Beheersentrum: 0800-428-428 Selfoon: *120*7867# (gratis)
Vrouemisbruik-hulplyn: 0800-150-150
Mense met gestremdhede: SMS HELP na 31531
Mensehandel-hulplyn: 0800-222-777
Kinderlyn: 0800-055-555
Selfdood-krisislyn: 0800-567-567 of 0800-456-789
Vigs-hulpyn: 0800-60-10-11
SASSA: 0800-60-10-11 grantenquiries@sassa.gov.za Whatsapp: 0600-123-456
Posbank-inbelsentrum: 0800-53-54-55
Departement van Handel en Nywerheid: 080-000-6543
Departement van Binnelandse Sake: 0800-601-190
Departement van Water en Sanitasie: 0800-200-200
Departement van Toerisme: 0860-868-747

Wat Gebeur?

Trek jou tikmasjien nader vir die RSG/Sanlam Radiodrama- skryfkompetisie

Die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 24 jaar oud met die totale prysgeld wat verhoog is tot R115 000. Die wendrama sal vanjaar R50 000 ontvang, terwyl die tweede en derde plek met prysgeld van onderskeidelik R25 000 en R15 000 bekroon sal word. Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang. Daar is ook vanjaar ‘n merieteprys ter waarde van R10 000 vir ‘n uitstaande inskrywing wat deur die beoordelaars gekies word. Die wendramas sal ook op RSG uitgesaai word.

Hier is ‘n kans om jou verbeelding vrye teuels te gee en boonop jou storie op radio te hoor. Klik hier vir ‘n paar skryfwenke hoe om vir die radio te skryf. En bly ingeskakel op RSG vir die aankondiging oor die twee gratis skryfskole wat in onderskeidelik in Kaapstad en Johannesburg aangebied sal word.

Die sluitingsdatum vir die 2020-kompetisie is Vrydag 31 Julie.

Klik op LAAI AF hieronder om die handleiding (met kompetisiereëls en inskryfvorm) af te laai. Klik op die logo vir skryfwenke.

 Laai af  

  • Bring hoop en warmte vir mense in nood
    Bring hoop en warmte vir mense in nood

    Die Winterhoopveldtog, wat mense uitnooi om warm klere, komberse en nie-bederfbare voedsel in te samel vir verspreiding aan diegene in nood gedurende die winter, skop weer in Junie in Suid-Afrikaanse stede af.

    Die huidige uitdaging van koue word vererger deur die COVID-19-pandemie, wat kwesbare gemeenskappe ‘n geweldige knou toedien.  Winterhoop daag jou uit om te betrokke te raak deur komberse, warm klere, nie-bederfbare kos, skuiling en veiligheidsmiddele soos maskers, sanitasie- en skoonmaakmiddels te skenk.

    Vir meer inligting gaan na www.winterhoop.org, http://www.facebook.com/winterhoop, Instagram: @give_hope_in_winter, of kontak Aloma Swanepoel by winterhoop@mes.org.za of 011-725-0001.

    #GeeHoop #GeeWarmte

Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

14:45-15:00
Dinsdag 26 Mei

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell
Regie: Frieda van den Heever

Episode 57: Johan neem Ben na die grot. Hulle bespreek die finale plan van aksie vir die volgende dag se rooftog. Die familie is veilig in Langebaan, en sal daar bly totdat die rooftog verby is. Johan het ʼn nare gevoel oor die transitorooftog, en maak ʼn skokkende erkenning aan Ben oor wat hy dink sal gebeur.

SA Top 20

4 APRIL 2020
  • 1
    Juanita du Plessis,
    Dis tyd
  • 2
    Verskeie Kunstenaars,
    Afrikaans is groot 2019 - Die Konsert
  • 3
    Ricus Nel,
    Pure Plaas
  • 4
    Demi Lee Moore,
    Country
  • 5
    Blaq Diamond,
    Umuthi
  • 6
    Ami Faku,
    Imali
  • 7
    André Rieu,
    Happy Days
  • 8
    Verskeie Kunstenaars,
    Afrikaans is groot 12
  • 9
    Verskeie Kunstenaars,
    Spirit of Praise 7
  • 10
    Samthing Soweto,
    Isphithiphithi
  • 11
    Steve Hofmeyr,
    The Country Collection
  • 12
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Music 82
  • 13
    Verskeie Kunstenaars,
    Now That's What I Call Dance 13
  • 14
    Lebo Sekgobela,
    Hymns and Worship Season 1
  • 15
    Lebo Sekgobela,
    Umusa
  • 16
    Verskeie Kunstenaars,
    Classics is groot 2019
  • 17
    Joyous Celebration Choir,
    Joyous Celebration 23: Live at the CTICC Cape Town
  • 18
    Sjava,
    Umqhele
  • 19
    Semito,
    Ndizozisola
  • 20
    Benjamin Dube,
    Glory in His Presence